ADVERTISEMENT:

 

 
 

Le Roux (links), afgeneem saam met Suid-Afrikaanse sterkman Johan Els, tydens die Arnold Classic Africa. Els het in Mei vanjaar algeheel sesde geëindig tydens die Wêreld Sterkmankompetisie in Manila. Foto verskaf.

Sterkman Leon palm tweede plek by Arnold Classic in

Date: 01 June 2018 By: Andries van Zyl

Plaaslike sterkman Leon le Roux van Louis Trichardt het hom goed van sy taak gekwyt tydens die jaarlikse Arnold Classic Africa-sterkmankompetisie wat vanaf 18 tot 20 Mei by die Sandton konferensiesentrum in Johannesburg aangebied is.

Die 45-jarige sersant-majoor van Lugmagbasis Makhado het teen strawwe kompetisie te staan gekom, maar sy vertoning was goed genoeg om aan hom ‘n algehele tweede plek te besorg in die onder 105kg meesters-afdeling.

Le Roux se eerste item op die 18de was die 280 kg Car Deadlift, waar hy ‘n tweede plek ingepalm het. “Ná dit was dit die Viking Press van 100kg. Ek was weer tweede, met agt repetisies,” het Le Roux gesê.

Asof mens se arm teen hierdie tyd nie al moeg genoeg sou wees nie, moes Le Roux in sy volgende item die 320 kg Yoke oor ‘n afstand van 25m dra teen tyd. “Ek het die eerste plek met twee sekondes gemis,” het Le Roux gesê. Steeds was dit nie die einde nie. Hierna het Le Roux met 130kg in elke hand die Farmers Walk gewen, nadat hy die vinnigste die drie keer die afstand van 15m geloop het.

Le Roux se eerste item op Sondag (20ste) was die gedugte Log Press. “Ek kon 110kg druk, wat my weer ‘n tweede plek gegee het. Die One Hand Front Farmers Hold was volgende, waar jy met 130kg moet staan en voor jou vashou vir tyd. Ek het 50 sekondes gestaan, wat my ‘n eerste plek gegee het,” het ‘n trotse Le Roux gesê.

Die groep “swaargewigte” se laaste item was die Sled Pull, waar deelnemers ‘n 380kg slee hand oor hand vir 25m moes trek teen tyd. Le Roux het die item in 23 sekondes voltooi, slegs 0.5 sekondes stadiger as die wenner. Dit het Le Roux weer ‘n tweede plek besorg, asook die algehele tweede plek in die kompetisie.

“Die kompetisie was goed georganiseer en alles het vlot verloop. SA Sterkman Johan Els was ook daar. Hy het aan die begin van Mei aan die World Strongest Man deelgeneem en algeheel sesde geëindig,” het Le Roux gesê.

Le Roux het weereens almal bedank wat dit vir hom moontlik gemaak het om deel te neem. “Vir my vrou, Marihan, wat saam was en my elke tree ondersteun en bygestaan het, wil ek net sê baie dankie. Jy is ‘n ware steunpilaar vir my en ‘n amazing vrou. Aan my familie wat ook altyd belangstel en my ondersteun, dankie vir julle. Dankie ook aan elke vriend en die gemeenskap wat ek nie eers van weet nie vir julle ondersteuning. Almal se bietjie bystand help,” het Le Roux gesê.

 
 
 

Viewed: 635

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Plaaslike sterkman Leon Le Roux spog met ‘n algehele tweede plek in die onder 105kg meesters-afdeling van die jaarlikse Arnold Classic Africa-sterkmankompetisie.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT