ADVERTISEMENT:

 

 
 

Jennevieve Truter (voor) het amper vir ‘n opskudding gesorg toe sy vir verskeie ouer fietsryers weggery het in die gesamentlike wedren tussen die junior- en Youth-meisies. Haar ouer kompetisie het haar letterlik kort voor die einpunt verby gesteek, maar haar tyd van 33 minute en 16 sekondes oor drie rondes was steeds goed genoeg om vir haar ‘n eerste plek in die Youth-meisies afdeling te besorg.

Triegies vergroot voorsprong op Spur XCO-punteleer

Date: 24 August 2018 By: Andries van Zyl

‘n Span van 35 toegewyde bergfietsryers van Hoërskool Louis Trichardt het Saterdag Polokwane se ysige wind en weer trotseer om die skool se voorsprong te verdedig in die provinsiale Spur XCO Skoleliga.

Die Triegies-span het ‘n vroeë voorsprong op die punteleer behaal deur altesaam 135 punte in te samel tydens die eerste XCO-liga, die Tour de Plaas by Hoërskool Merensky, met Standford Lake Kollege tweede met 96 punte en PHS van Polokwane derde met 88 punte. Triegies het Saterdag tydens die tweede ligawedren, die Tour de Capricorn, hul puntestand opgestoot na 267 punte, met Stanford steeds tweede met 210 punte en PHS derde met 198 punte.

Saterdag se koue weer was vir die amper 350 fietsryers van regoor die provinsie ‘n uitdaging gewees. Tog het die Triegie-ryers uitstekend presteer, veral die meisies. Hulle het drie podiumplekke behaal.

Jennevieve Truter het amper vir ‘n opskudding gesorg, toe sy vir verskeie ouer fietsryers weggery het in die gesamentlik wedren tussen die junior- en Youth-meisies. Haar ouer kompetisie het haar letterlik kort voor die einpunt verby gesteek, maar haar tyd van 33 minute en 16 sekondes oor drie rondes was steeds goed genoeg om vir haar ‘n eerste plek in die Youth-meisies afdeling te besorg. Spanmaat Eliz-Marie het ook ‘n derde plek in die afdeling vir Youth-meisies losgetrap in 36 minute en ses sekondes.

Die junior meisies-afdeling het ook vir drama gesorg. Triegies se Christelle Coetzer moes hard werk om haar derde plek in die wedren te behou. Sy het egter kort voor die eindpaal op die derde en laaste ronde ‘n tegniese probleem ontwikkel en moes met haar fiets na die wenpaal hardloop. Dit het toe vir spanmaat Karla “Vossie” van Zyl, wat ook moes hard werk om naby die voorste bondel te bly, die kans gegee om haar verby te steek en sodoende haar eerste podiumplek in die liga in te palm. Sy was derde in 35 minute en 37.5 sekondes.

Buiten vir die drie podiumplekke, het 12 ander ryers Top 10 plekke ingepalm. Vier van hulle, Richard Lambert (junior seuns), Christelle Coetzer (junior meisies), Calvin Lee (Youth seuns) en Danelle Venter (sub-junior meisies) het vierde plekke gekry. Suné Beukes (junior meisies) was vyfde, Carla Enslin (sub-junior meisies) en Rohan Cronjé (Youth seuns) agtste, Leani Nagel (sub-junior meisies) en Turner de Swardt (junior seuns) negende en Jean Roan le Roux (junior seuns) en Zoe Lubbe (junior meisies) 10de.

Wat die jongspan van Laerskool Louis Trichardt betref, beklee die junior Triegies steeds ‘n derde plek op die punteleer vir laerskole met 138 punte. Unicorn is tweede met 204 punte en Oosskool eerste met 362 punte.

In terme van individuele uitslae ry Cara Bruce vir haar ‘n derde plek los in die afdeling vir meisies sub-Nippers. In die seuns Nipper-afdeling was Peroux du Preez 12de, Wian Bezuidenhout 26ste, Gerhard Furstenburg 32ste en Nicolas Archer 34ste. Renette Nel het op haar beurt ‘n 15de plek in die meisies Nipper-afdeling ingepalm. In die sub-Nipper afdeling vir seuns was Aiden Bruce negende. Heelparty seuns het in die Sprogs-afdeling vir seuns gery, met Brendan Bruce vierde, Matthew Lee 11de, Jacques Crafford 12de en Daniel Lee 18de. Eleen Furstenburg was die vyfde Sprogs-meisie tuis. In die laerskool afdeling vir sub-junior seuns was Jacques du Preez negende en in dieselfde afdeling vir meisies was Jessica Taylor tweede en Mieke Veldman sesde.

Die derde liga in die Spur XCO Skoleliga, die Tour de Lake, vind op 1 September by Stanford Lake Kollege plaasvind. Vir volledige uitslae, besoek www.webscorer.com.

 
 
 

Viewed: 666

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Karla “Vossie” van Zyl het haar eerste podium plek in die Spur XCO-liga verower met haar derde plek in die junior meisies-afdeling.

Eliz-Marie het ook ‘n derde plek in die afdeling vir Youth-meisies losgetrap.

Laerskool Louis Trichardt se Eleen Furstenburg was die vyfde Sprogs-meisie tuis.

Laerskool Louis Trichardt se Brendan Bruce het net-net ‘n podium plek gemis deur vierde te eindig in die Sprogs-afdeling vir seuns.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT