ADVERTISEMENT:

 

 
 

Gesamentlike gholfdag weer 'n suksesverhaal

Date: 30 August 2018 By: Andries van Zyl

Hoërskool en Laerskool Louis Trichardt se onderwysers, ouers en kinders het die gemeenskap hartlik bedank vir hulle ruim harte, hande en voortgesette steun aan die skole se kinders.

Op 17 Augustus het die twee skole kragte saamgesnoer en ‘n reuse, suksesvolle gholfdag aangebied by die Soutpansberg Gholfklub. ‘n Mooi bedrag van R265 906.30 is deur beide skole ingesamel.

Hoërskoolseuns het weereens die geleentheid gekry om as caddies op te tree vir die spelers. “Die positiewe terugvoer wat ons van die spanne en spelers ontvang het, is ‘n refleksie van hoe trots ons leerders op hul skole is. ‘n Gemeenskap is baie belangrik vir die daarstel van kwaliteit skole. Dit is daarom vir ons belangrik om kwaliteit skole en onderrig daar te stel. U bydrae is ‘n positiewe investering in die onderrig van ons kinders en daarom wil ons kwaliteit onderrig van graad 0 tot graad 12 verseker. Weereens baie dankie aan elke liewe persoon en besigheid wat hul geld en tyd beskikbaar gestel het. Dit word opreg waardeer,” het die skole gesê.

Die wenners van die vierbal-alliansie kompetisie was die span van Osglo Argitekte met 106 punte. In die tweede plek was die “Varkies” wat na ‘n uittel ook met 106 punte geëindig het, terwyl die span van Ruto Mills derde was met 105 punte.

Meegaande is 'n paar algemene foto’s van die dag geneem deur Hoërskool Louis Trichardt.

 

 

 
 
 

Viewed: 594

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT