ADVERTISEMENT:

 

 
 

Laerskool Louis Trichardt se Jessica Taylor (links) en klein Cara Bruce (regs) het ná afloop van die laaste van die vier Spur XCO-skoleliga wedrenne vir laerskole, die Tour de Maroela, hulle provinsiale kleure vir die sportsoort verwerf.

Provinsiale kleure vir twee jong trappers

Date: 20 September 2018 By: Andries van Zyl

Laerskool Louis Trichardt se fietsryspan het die afgelope naweek hulle seisoen afgesluit met hul deelname aan die vierde en finale ronde in die provinsiale Spur XCO-skoleliga, die Tour de Maroela op Lephalale.

Twee van die skool se jong trappers, Jessica Taylor en Cara Bruce, het gesorg vir podiumplekke. Jessica was derde in die meisies sub-junior afdeling, terwyl klein Cara vir haar ‘n tweede plek losgetrap het in die sub-Nipper meisies-afdeling. Jessica en Cara se prestasies die afgelope seisoen het daartoe gelei dat hulle hul provinsiale kleure in hierdie sportsoort verwerf het.

In die afdeling vir Nipper seuns was Peroux de Preez 10de, Wian Bezuidenhout 21ste, Nicolas Archer 23ste en Gerhard Furstenburg 33ste. In dieselfde afdeling vir meisies het Renette Nel ‘n 15de plek ingepalm.

In die Sprogs-afdeling vir seuns was die jong Triegies se Matthew Lee sesde, met spanmaats Jacques Crafford agtste en Daniel Lee 16de. Wat hul vroulike eweknieë betref, het Eleen Furstenburg ‘n goeie vierde plek ingepalm, met Catelyn de Beer in die sesde plek.

In die sub-junior afdeling vir seuns het Jacques du Preez ‘n agtste plek verower, met Keegan Mocke 17de. Soos reeds genoem was Jessica derde in dieselfde afdeling vir meisies, met Stefanie Venter wat sewende geëindig het. Arme Mieke Veldman het erg geval tydens die resies en kon nie die wedren voltooi nie.

 
 
 

Viewed: 528

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT