ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hierdie groepie atlete was die top bekerwenners tydens Laerskool Messina se jaarlikse interhuis-atletiekbyeekoms wat verlede Vrydag beslis is. Van links na reg staan Jonea Pretorius, Geané Anderson, Jeffrey Singo, MC Brand en Victor Kleynhaus. Foto verskaf.  

Rekords spat tydens Messina interhuis

Date: 24 January 2019 By: 

Laerskool Messina se jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms is verlede Vrydag beslis en te midde van die hitte het die skool se jong atlete steeds daarin geslaag om verskeie rekords te verbeter.

Die jong Jeffrey Singo het  drie rekords verbeter, naamlik die 100 m, 150 m en gewigstoot rekords vir seuns o.12. Geané Anderson is nou die nuwe rekordhouer vir die 800 m en 1 500 m meisies o.13, terwyl Jonea Pretorius die 75 m hekkies rekord vir meisies o.10 verbeter het. MC Brand het op sy beurt ‘n nuwe 80 m hekkies rekord opgestel vir seuns o.13.

Jeffrey is ook ná afloop van die byeenkoms aangewys as die dag se senior Victor ludorum, terwyl hy ook die trofeë ontvang het as beste veldatleet en beste baanatleet. Geané was die senior Victrix ludorum en ook die beste langafstandatleet. Jonea het die junior Victrix ludorum trofee gewen, terwyl sy ook aangewys is as beste meisies hekkiesatleet. Victor Kleynhans is as die junior Victor ludorum aangewys, terwyl MC die beste seuns hekkiesatleet van die dag was.

Die dag isalgeheel ingepalm deur die Blouspan, terwyl die Witspan weggestap het met die geesbeker.

 
 
 

Viewed: 741

 

 
 

 
 

More photos... 

Die geesbeker is ingepalm deur Laerskool Messina se Witspan tydens die skool se jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms. Afgeneem is die spankapteine Erynn Hodgson (links) en JP Coetzee (regs). Foto verskaf.

Rico Pieterse (links) en Miché Molter (regs) hou as kapteine van die skool se Blouspan die trofee vas as algehele wenners van die jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT