ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die gemengde dubbelspel is gewen deur die Badgers-span, bestaande uit Sico Erasmus en Karin Prinsloo. In die middel staan Boet Naudé, president van die Badgers. Foto verskaf.

Badgers te sterk vir Bulldogs

Date: 14 March 2019 By: 

Plaaslike veerpyltjiespelers het Saterdag, 9 Maart, weer sake uitgespook tydens die volgende ronde Vhembe proewe by die Levubu Rugbyklub.

Die enkelspel vir mans is gewen deur Boet Naudé (president van die Badgers Veerpyltjieklub in Louis Trichardt). Wiempy Faasen van die Bulldogs van Levubu was tweede in dié afdeling.

Boet, met spanmaat Johan Naudé (Badgers) het ook die dubbelspel vir mans ingepalm, met Cobus Koekemoer en Danny Toerien (beide van Bulldogs) wat as naaswenners uit die stryd getree het.

Wat die gemengde dubbelspel betref, was dit Sico Erasmus en Karin Prinsloo van die Badgers wat met die louere weggestap het. Wiempy en Bulldogs-spanmaat Marietha le Roux was die naaswenners

Die Badgers se Johan Naudé het die hoogste toemaak van die aand aangeteken met 104 punte, terwyl spanmaat Jaco Esterhuizen (junior) tweede was met 100 punte.

 
 
 

Viewed: 639

 

 
 

 
 

More photos... 

Johan (links) en Boet Naudé van die Badgers Veerpyltjieklub het die dubbelspel vir mans gewen. Boet het ook die enkelspel vir mans gewen. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT