ADVERTISEMENT:

 

 
 

Van links na regs staan Marietjie, Fanie en Loureth.

Plaaslike rolbalspelers maak klub trots

Date: 25 April 2019 By: 

Drie lede van die Louis Trichardt Rolbalklub het op 13 en 14 April deelgeneem aan die Limpopo Enkelspelkampioenskappe in Mokopane en hulle uiters goed van hul taak gekwyt.

Die kompetisie was tussen die Waterberg en Impala distrikte, met Louis Trichardt as deel van laasgenoemde distrik.

Fanie Otto is as nuwe senior manskampioen (60 jaar en ouer) gekroon, terwyl sy vrou Loureth derde geëindig het in die ope vroue-afdeling. Marietjie Barkhuizen het op haar beurt vierde in die beginners-afdeling vir spelers met minder as drie jaar ervaring geëindig.

 
 
 

Viewed: 738

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT