ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die groep bittereinders wat verlede jaar die skof vanaf Louis Trichardt na Polokwane voltooi het, was (van links na regs) Wim Botha, Isabel Venter, Anthony Scott, Catò de Bruin, Timothy Ramadwa, Marco Roets en André Koorts.

Weer tyd vir brug-na-berg rit

Date: 02 May 2019 By: Anton van Zyl

Die gewilde Brug-na-Berg fietsrit, waartydens groepe fietsryers in een dag die roete vanaf Beitbrug tot by Kaapstad aandurf, vind eerskomende Saterdag plaas.

Dit sal vanjaar die derde keer wees wat dié besonderse rit plaasvind. Gelukkig hoef fietsryers darem nie die hele tog vanaf Beitbrug tot in die Kaap aan te durf nie. Elke groepie voltooi net die deel van die roete wat naby aan hulle is en gerieflik is.

In die Soutpansberg het ‘n groep verlede jaar by Beitbrug weggespring en tot in Louis Trichardt gery. Terselfdertyd het ‘n groep in Louis Trichardt weggespring wat weer tot in Polokwane gery het. So het groepies fietsryers regdeur die land elk dele van die 2 000km roete voltooi.

Die fietsrit word aangebied as ‘n informele ontspanningsrit en vorm nie deel van enige amptelike beheerliggaam nie en word ook nie geborg deur ‘n spesifieke maatskappy nie. Die groepies fietsryers is egter welkom om die geleentheid te gebruik om bewusmaking te kweek of fondse in te samel vir ‘n organisasie van hul keuse.

Die koördineerder van die rit is oom Jakkie van der Colff, wat ‘n ywerige fietsryer is en self al regdeur die land op sy fiets gereis het. “Die doel van hierdie fietsrit is om fietsry te bevorder as ‘n gesinsport en vir die enkeling. Daarom kan enigeen deelneem. Oud, jonk, fiks, onfiks, bekwame fietsryer, beginner, professioneel of wie ook al. En dit is gratis,” sê hy.

 “Met die eerste rit in 2017 het ongeveer 186 fietsryers deelgeneem en is gesamentlik ± 18 000 km afgelê. Die oudste persoon wat deelgeneem het was 70 jaar wat 107 km gery het en die jongste was ses jaar oud wat 22 km gery het,” vertel oom Jakkie.

Op Musina spring ‘n groep om 07:00 naby die grenspos weg en terselfdertyd spring ‘n groep fietsryers by Thompson's Motors op Louis Trichardt weg.

 
 
 

Viewed: 844

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT