ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die span van Limpop Melkery wat die klub se eerste liga vir die jaar gewen het.

Limpopo net te goed vir Vikings

Date: 10 May 2019 By: 

Die span van Limpopo Melkery het Sondag die finaal van die Louis Trichardt Krieketklub se eerste liga vir die jaar gewen. Hulle het die Vikings in ‘n spannende wedstryd met twee paaltjies geklop.

Vikings het eerste gaan kolf en Craig Viljoen (73 van 46 balle) het ‘n stewige fondasie gelê vir hul beurt. Warno Smit (62 van slegs 33 balle) het hom goed ondersteun en Leon Furstenburg (11) het aan die einde ook ‘n bydrae gelewer. Nadat 20 beurte voltooi is, het Vikings se telling op 183 vir die verlies van vier paaltjies gestaan.

Geen van Limpopo se boulers kon meer as een paaltjie inoes nie, maar die twee Fourie-broers was baie ekonomies. Gerhardus Fourie se syfers was 0/23 in vier beurte, terwyl AJ Fourie met 1/25 na vier geëindig het.

Dewald Joubert (66 van net 26 balle) en Chris-Jan Hendriks (21 van 16 balle) het Limpopo se beurt geopen en die telling na 79 geneem voor die eerste paaltjie platgetrek is. Leon Olwage (13 van 18 balle) en Gerhardus Fourie (30 van 17 balle) het die aanval op die boulers voortgesit, maar ná hulle vertrek was daar bietjie paniek en het die momentum van die wedstryd geswaai. AJ Fourie (11 van 11 balle) en Nimesh Watekar (16 n.u.n. van 13 balle) het egter die knoop deurgehaak.

Die wenlopies is in die 18de beurt aangeteken met agt paaltjies plat.

Vikings se mees suksesvolle bouler was Warno Smit, wat 2/18 in vier beurte geneem het. Leon Furstenburg en Morné Olwage het ook elk twee paaltjies geneem.

 

 
 
 

Viewed: 1651

 

 
 

 
 

More photos... 

Warno Smit (regs) ontvang die trofee as beste bouler by die krieketklub se voorsitter, Grant Phillipson.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT