ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die sleepwa waarmee Laerskool Louis Trichardt se fietsryspan spog. Van links af staan die borge, Mark Archer (Archer Paint), Dieter Meyer (Step-a-Stone) en Leon Olwage (Annik Engineering).

Triegies fietsryers spog met nuwe sleepwa

Date: 14 June 2019 By: Anton van Zyl

Laerskool Louis Trichardt se fietsryklub het ‘n besonderse hupstoot gekry deurdat ‘n spesiale sleepwa gebou is om die kinders se fietse en toerusting na byeenkomste te vervoer.

Dit is die vyfde jaar dat die skool se fietsryklub aan provinsiale byeenkomste deelneem. Hul eerste byeenkoms is op 13 Julie wanneer die span aan die eerste been van die Spur Skole Bergfietsreeks te Lephalale deelneem. Die reeks bestaan uit vier byeenkomste, met die tweede been wat op 27 Julie in Polokwane beslis word. Die laaste twee byeenkomste is op 17 Augustus te Merensky (Tzaneen) en 31 Augustus by Stanford Lake College.

Een van die probleme wat die span tot dusver gehad het, is om fietse en toerusting na die byeenkomste te vervoer. Die spesiaal-geboude sleepwa behoort egter sake makliker te maak vir die span. Die sleepwa kan 13 fietse vervoer, asook heelwat van die bagasie soos valhelms en rugsakke.

Die basis vir die sleepwa is geskenk deur Mark Archer van Archer Paint. Annik Engineering het die verdere ontwerp en konstruksie gedoen. Dieter Meyer van Step-a-Stone het ruim bydraes gemaak en ook gehelp met die ontwerp van die sleepwa.

Die klub het ‘n spesiale woord van dank gerig aan Mark, Dieter en André Olwage (Annik Engineering) vir hul borgskappe.

Jong fietsryers wat wil inskakel by die klub kan Maandae en Woensdae vanaf 15:00 tot 17:00 kom saam oefen. “Ons kom bymekaar by Meulbos, aan die bo-punt van Forestryweg, regs in met die grondpad. Ons tel ook kinders op by die na-skool. Hulle moet ons asseblief net laat weet op die WhatsApp-groep. Ons kommunikeer ook meestal op die WhatsApp-groep,” het die klubbestuur gesê.

Vir meer inligting, skakel Koos Ehlers by die skool by tel. 015 516 5151 of fietsry-afrigter Mark Archer by tel. 083 324 8495.

 

 
 
 

Viewed: 565

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT