ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die wenners van die gelukkige trekking saam met die borge. Van links af staan Shabir Moosa (Tune 2 Race-span), Rulke Pieterse, Chris Muller, Shai Moosa, CW Burger en Francois Marais.

4x4-klub se Eco Challenge baie gewild

Date: 15 June 2019 By: Anton van Zyl

Rulke Pieterse en De Necker van Schalkwyk het die afgelope naweek se 4x4 Family Eco Challenge gewen wat by die Sandrivier, by Mopane, aangebied is.

Die kompetisie is deur die Louis Trichardt 4x4-klub aangebied en is goed ondersteun deur plaaslike 4x4-entoesiaste.

Ruan Ackerman en Pieter Ackerman was tweede, met Armand Voigt in die derde plek. Francois Marais was vierde. Francois het egter ook die gelukkige trekking gewen, wat ‘n Tune 2 Race voertuig instelling ter waarde van R3 500 is.

Die klub het die volgende borge bedank wat die dag moontlik gemaak het:

Tune 2 Race (hoofborg), PD Otto Elektries, Midas Potgietersrus, Mike’s Kitchen, All Power & Lawn, LTT Lodge, Daphne’s, Autozone, Northgate Lodge, Burco, BMG, Vleispot Slaghuis, Messina Agri, Blush, Seisoene, Pemico, Tradepost, Hi Q Far North,  Light World Electrical, Talisman, Voltex, Werda, Altenique, en RPM Motors.

Die klub het ook ‘n spesiale woord van dank gerig aan BB Mount Fuji Mahindra, wat een van die hindernisse geborg het.

 
 
 

Viewed: 740

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

Die pryswenners afgeneem na afloop van die kompetisie. Van links af is De Necker van Schalkwyk, Rulke Pieterse (wenner), Riana Otto (beampte), Elandrie Burger (enigste vroue deelnemer), Armand Voigt (derde), CW Burger (hoofbeampte), Pieter Ackerman en Ruan Ackerman (tweede).

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT