ADVERTISEMENT:

 

 
 

Duiweboere spook sake uit vanaf Ventersdorp

Date: 27 June 2019 By: 

Lede van die Hanglip Posduifklub het die afgelope naweek meegeding in ‘n jaaroud- en opewedvlug, asook tweede ‘n veilingwedvlug, vanaf Ventersdorp.

Meegaande uitslae lys telkens net die eerste 10 plekke.

Die jaaroudwedvlug is gewen deur Mieke & Mike Coetzee, nadat hul wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1418.52 meter per minuut. Hulle was ook 5de, 6de, 7de en 8ste. RWJ & Mike Coetzee was 2de, 3de en 4de, met Sekelbos Hokke wat 9de en 10de geëindig het.

In die opewedvlug was dit Nico Bezuidenhout wat met die louere weggestap het, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1424.13 meter per minuut. Hy was ook 3de en 10de. G. Bezuidenhout was 2de, RWJ & Mike Coetzee 4de, 5de, 6de en 7de, Mieke & Mike Coetzee was 8ste en Julius Pienaar 9de.

Die veilingwedvlug is gewen deur Mike Coetzee met ‘n duif wat deur Pierre Human van Ellisras geteel is. Hy was ook tweede met ‘n duif wat hyself geteel het. In die derde plek was Nico Bezuidenhout met ‘n duif wat deur Hendrik van Rensburg van Polokwane geteel is. Nico was ook vyfde met ‘n duif wat deur Jurie Grové van Krugersdorp geteel is. Piet en Tinus Erasmus was vierde met ‘n duif wat deur Frans de Lange van Ellisras geteel is.

Eerskomende Saterdag vlieg die klub vanaf Virginia oor 'n afstand van 640km.

Vir meer inligting oor die klub se bedrywighede en volgende wedvlugte, skakel Ben Pienaar by tel. 083 257 3259.

 

 
 
 

Viewed: 421

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT