ADVERTISEMENT:

 

 
 

26ste Hanglip 54 om die draai

Date: 29 June 2019 By: 

Een van die streek se grootste toernooie op die gholfkalender, die jaarlikse Hanglip 54-toernooi, word vanaf 11 tot 13 Julie vir die 26ste agtereenvolgende jaar deur die Soutpansberg Gholfklub in Louis Trichard aangebied.

Vanjaar se kompetisie sal weer ’n vol veld van 128 spelers lok, met die fokus wat weereens op besoekende spelers sal wees. Vanjaar is presies die helfte van die veld besoekers met die nou reeds bekende “Klerksdorp groep” wat weer getrou vanjaar se toernooi sal ondersteun met ‘n totaal van 36 spelers. Spelers van verskeie ander klubs uit verskeie provinsies, insluitend spelers vanaf onder meer Pretoria, Nelspruit, Lydenburg en self vanaf die Kaap, sal deel vorm van die toernooi.

Hoe die toernooi werk is dat spelers in spanne van twee elke dag in ’n beterbal Stableford-kompetisie meeding. Elke dag is daar dus twee wenners. Die algehele wenner is egter die speler wat die beste individuele Stableford-telling oor al drie dae aanteken.

Wat die drie dae se kompetisie betref, word die eerste dag se spel vanjaar geborg deur die Makhado Munisipaliteit. Honda Louis Trichardt is die borg van die tweede dag se spel, met PJ Timbers wat die derde en laaste dag se spel sal borg. Die “perdeveiling”, wat nou al sinoniem geword het met die Hanglip 54, sal Woensdagaand, 10 Julie, vanaf 18:00 in die gholfklub se saal aangebied word. Tydens die perdeveiling kry mense die kans om te bie op die spelers wat hulle dink die beste gaan vaar tydens die drie-dag-lange toernooi.

 
 
 

Viewed: 456

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT