ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die groep fietsryers afgeneem voor die Carousel Casino naby Hammanskraal, waar die kamp geëindig het.

Jong fietsryers maak gereed vir skoleliga

Date: 11 July 2019 By: 

Die jaarlikse bergfiets oefenkamp vir hoërskoolleerlinge het Vrydag op Haenertsburg begin en ‘n uitbundige groep jongmense het die roete suid aangedurf. Die groep het ‘n roete van sowat 252 kilometer aangedurf wat Sondag by die Carousel naby Hammanskraal geëindig het.

Die oefenkamp word jaarliks deur ervare fietsryer Johan van Dijkhorst aangebied en is goed ondersteun deur leerlinge, wat ses van Louis Trichardt se fietsryers ingesluit het.

Na ‘n stewige skof die eerste dag, wat dele van die berge by Haenertsburg ingesluit het, het die groep Vrydagaand by Shikwaru Lodge buite Mokopane oornag. Van hier is hulle voort op grondpadroetes tot by Modimolle, waar hulle Saterdagaand by die koshuise van Hoërskool Nylstroom oornag het. Die kamp het Sondagmiddag net duskant Hammanskraal geëindig, by die Carousel Casino.

Die kamp het ook as voorbereiding gedien vir die skoleliga wat eerskomende naweek begin. Die eerste been van die Spur Skole Bergfietsreeks vind Saterdag (13de) by Lephalale plaas. Die reeks bestaan uit vier byeenkomste, met die tweede been wat op 27 Julie in Polokwane beslis word. Die laaste twee byeenkomste is op 17 Augustus te Merensky (Tzaneen) en 31 Augustus by Stanford Lake College.

Volgens Johan van Dijkhorst het die naweek se kamp voortgebou op ‘n vorige toer waar die fietsryers vanaf Musina tot by Haenertsburg gery het. “Die kinders het nou na die tweede deel die volledige afstand vanaf Beitbrug na Carousel - noord na suid deur die provinsie - voltooi. Die gedagte is om volgende jaar met die oos-na-wes roete vanaf Phalaborwa tot by Lephalale en die Botswana grens te begin toer,” sê hy.

Die groep het ‘n spesiale woord van dank gerig aan oom Ronnie Klusmann van Simms Auto wat gratis die waarskuwingsligte op die sleepwa geïnstalleer het. Die sleepwa, wat spesiaal vir Laerskool Louis Trichardt se fietsryspan gebou is, kan 13 fietse vervoer asook heelwat van die bagasie soos valhelms en rugsakke.

 

 
 
 

Viewed: 434

 

 
 

 
 

More photos... 

Die sleepwa wat spesiaal vir die jong fietsryers gebou is, spog nou met helder, flikkerende waarskuwingsligte.

Die groep fietsryers afgeneem op Haenertsburg kort voor die wegspring.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT