ADVERTISEMENT:
Aiden Bruce (middel) het die "Sub-Nipper"-afdeling gewen.
Date: 18 July 2019 By:
Laerskool Louis Trichardt se fietsryspan het die afgelope naweek deelgeneem aan die Tour de Maroela-byeenkoms in Lephalale en met ‘n goue en silwer medalje teruggekeer.
Die Triegie-span het uit 17 baie entoesiastiese jong deelnemers bestaan. Hulle was een van die 20 skolespanne wat aan die eerste been van die Spur XCO-skolereeks deelgeneem het.
Die jong Aiden Bruce het gewys dat hy ‘n fietsryer is wat in die volgende paar jaar dopgehou moet word. Hy het die “Sub-Nipper”-afdeling gewen (fietsryers onder 8 jaar). Sy sussie, Cara Bruce, het ook tot die medalje-oes bygedra en ‘n silwer medalje in die Nipper-afdeling vir meisies gewen (o.10-meisies).
Die uitslae van die ander plaaslike fietsryers is soos volg:
Sub-Nippers (o.8) Seuns – Ruan de Beer in 9de plek;
Sub-Nippers (o.8) Meisies – Zane Adlam 7de en Mia Venter 9de;
Nipper (o.10) Seuns – Gerhard Furstenberg 7de, Peroux du Preez 8ste, Willie Venter 10de, Nicolas Archer 13de en Wian Bezuidenhout 21ste;
Sprogs (o.12) Seuns – Brendan Bruce 9de, Matthew Lee 13de, Robert Ooms 16de en Daniel Lee 19de;
Sub-junior (o.14 laerskole) Seuns – Jacques du Preez 4de; en
Sub-junior (o.14 laerskole) Meisies – Eleen Furstenberg 4de en Catelyn de Beer 8ste.
Louis Trichardt se span is ná afloop van die byeenkoms derde op die skolepunteleer. Oos-skool van Polokwane is eerste, met Krugerpark van Mokopane tweede.
Viewed: 493
|
Tweet |
More photos...
ADVERTISEMENT
ADVERTISEMENT:
ADVERTISEMENT