ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image - Copyright Zoutnet CC 2019.

Rugby semi-finaal op tuisveld beslis

Date: 10 August 2019 By: 

Plaaslike rugbyliefbebbers kan gereed maak vir ‘n fees van rugby wanneer die Louis Trichardt Rugbyklub op 17 Augustus sal gasheer speel vir die semi-finale wedstryde in die Limpopo senior liga.

“Kom geniet die dag saam met ons vanaf 14:00,” het klubvoorsitter Kevin Gilbert gesê.

In die reserwe liga sal Louis Trichardt se derdes (Univen) te staan kom teen Noordelikes 3, terwyl Kruinies 3 teen Letaba 3 sal kargte meet.

Die tweedespanne wat die dag sake teenmekaar sal uitspook is Noordelikes teen Letaba, terwyl Louis Trichardt teen Potties te staan sal kom. Wat die eerstespanne betref, sal Noordelikes teen Potties kragte meet, terwyl Louis Trichardt teen Letaba op die veld sal draf.

Tans beklee Louis Trichardt se eerste- en tweedespan ‘n eerste plek op die provinsiale punteleer. Dit beteken dat, sou hulle hul semi-finale wedstryde wen, dit die eerste keer in jare sal wees wat Louis Trichardt die finaal van die liga sal aanbied. Dit geld ook vir die dorp se derde span. “Die tuisveldvoordeel op 17 Augustus tel definitief in ons guns,” het Gilbert gesê.

Toegang by die hek die dag is gratis en verversings en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees. “Ondersteuners is ook welkom om met hul gasbraaiers langs die veld te kom braai,” het Kevin gesê.

 

 
 
 

Viewed: 490

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT