ADVERTISEMENT:

 

 
 

Cara Bruce (tweede van regs) en Ané Snyman (tweede van links) van Louis Trichardt was onderskeidelik tweede en derde in die Nippers-afdeling vir meisies. Lohane Ehlers van Pietersburg Oos het die wedren gewen. Foto: Mark Archer.

Jong Triegies bring hul kant by Tour de Plaas

Date: 23 August 2019 By: 

Laerskool Louis Trichardt se fietsryspan het Saterdag op Tzaneen deelgeneem aan die Tour de Plaas-byeenkoms en met goeie vertonings gespog. Hulle moes egter klaarkom sonder een van die span se uitblinkers, Jacques du Preez, wat verlede week sy pols tydens ‘n oefening gebreek het.

Jacques is een van die span se sterre en het die vorige naweek die Akkedis-byeenkoms se 15km-wedren gewen. Dinge het egter Woensdagmiddag tydens die oefening verkeerd gegaan en hy het sleg geval en sy pols gebreek.

Louis Trichardt se beste vertoning Saterdag was in die o.10-afdeling, oftewel die Nipper meisies. Hier het Cara Bruce tweede geëindig, met Ané Snyman derde. As Carla Breitenbach nie êrens verkeerd gery het nie, kon sy vierde geëindig het, maar sy moes met ‘n vyfde plek tevrede wees.

In die sub-Nipper-afdeling (Seuns o.8) het Aiden Bruce 5de geëindig. Daniel George was 15de, Ruan de Beer 16de, Caleb Horak 25ste en Andries van Rensburg 28ste.

Elouise Krügel het 5de in die sub-Nipper-afdeling (meisies o.8) geëindig. Zane Adlam was 13de.

In die Nipper-afdeling vir seuns (o.10) was Gerhard Furstenberg 5de en Peroux du Preez 6de. Nicolas Archer was 14de, Wian Bezuidenhout 20ste en Nathan Horak 46ste.

Brendan Bruce was 10de in die Sprogs-afdeling vir seuns (o.12), met spanmaat Matthew Lee 15de. Robert Ooms was 17de, Daniel Lee 66ste en Vhugala Sevhugwana 67ste.

Zander Krügel het 12de geëindig in die afdeling vir sub-Junior seuns (o.14). In die sub-Junior afdeling vir meisies het Eleen Furstenberg skitterend presteer deur 4de te eindig. Haar spanmaat, Catelyn de Beer, was 6de.

Die span het nog een byeenkoms wat wag, naamlik die Tour de Lake, by Stanford Lake College. Dit vind op 31 Augustus plaas. Louis Trichardt lê tans derde op die punteleer, met 368 punte na drie byeenkomste. Pietersburg Oos is eerste met 696 punte, met Kruger Park tweede met 416 punte.

 

 
 
 

Viewed: 932

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT