ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die span van Limpopo wat Vikings Sondag met 41 lopies geklop het.

Limpopo Melkery steeds die kampioenspan

Date: 06 September 2019 By: Anton van Zyl

Die span van Limpopo Melkery het Sondag hul onoorwonne rekord van die afgelope paar jaar behou toe hulle die span van die Vikings met 41 lopies in die finaal van die plaaslike T20-liga geklop het.

Limpopo het eerste gaan kolf en was bietjie in die moeilikheid toe twee paaltjies vroeg geval het, onder andere dié van openingskolwer Dewald Joubert (15). Nimesh Watekar (65) en Wouter Smit (54 van net 26 balle) het egter vasgeskop en die beurt op dreef gekry. Veral Nimesh het die verantwoordelikheid geneem en die aanslae afgeweer, met paaltjies wat teen die einde vinnig rondom hom geval het. AJ Fourie (16) het ‘n skaflike bydrae gelewer, maar in die laaste beurt het die laaste paaltjie geval met die telling op 163.

Vikings se beste bouler was Jandré Hancke, wat 5/23 in sy vier beurte geneem het. Zander Volgraaff het 3/21 in sy drie beurte geneem.

Vikings se kolfbeurt het redelik rampspoedig begin, met paaltjies wat vinnig geval het. Craig Viljoen het 13 lopies bygedra, maar veral AJ Joubert se boulwerk het die lewe vir die kolwers moeilik gemaak. Warno Smit (46 van 26 balle) het aanvallend gespeel en sy span hoop gegee, maar ná sy vertrek was lopies moeilik bekombaar. Zander Volgraaff (13), Jandré Hancke (10) en Kobus Barkhuizen (11) het hard probeer, maar teen die einde van die 20ste beurt was die telling slegs op 122/8.

Snelbouler AJ Fourie was Limpopo se beste bouler en kon spog met ‘n ontleding van 3/17 in vier beurte. Hy is goed bygestaan deur Pierre Jonker, wat 2/15 in vier beurte geneem het.

Die Louis Trichardt Krieketklub maak tans gereed vir die Vhembe T20-liga. Spanne van regoor die Vhembe streek neem aan dié kompetisie deel, wat op 15 September begin. Die liga word oor drie Sondae beslis.

Op 24 September (Erfenisdag) word ‘n ses-aan-‘n-kant toernooi beplan. Agt plaaslike spanne kan geakkommodeer word. Die inskrywingsfooi beloop R600 per span en die eerste agt spanne wat hul fooie betaal word aanvaar. Inskrywings sluit op 18 September.

 

 
 
 

Viewed: 1693

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

Dewald Joubert is aangewys as beste kolwer van die plaaslike T20-liga. Paolo Piorek het die toekenning namens die klub oorhandig.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT