ADVERTISEMENT:

 

 
 

Jong Triegie-trappers oefen weer

Date: 31 January 2020 By: 

Laerskool Louis Trichardt se fietsryklub het weer hulle oefeninge hervat en oefen elke Maandag en Woensdag vanaf 15:00 tot 17:00.

“Jy moet ongelukkig ‘n bergfiets met ratte gebruik, want ons ry opdraandes ook. Daarvoor het jy ratte nodig, en natuurlik ‘n waterbottel en valhelm. As jou valhelm te klein is vir jou, kom nog steeds. Ons het ‘n paar spaar valhelms,” het die klub se Mark Archer gesê.

Dit kos niks om aan die klub te behoort nie, maar daar is wel vier byeenkomste in die skolereeks waaraan deelneem gaan word in die derde termyn. Dit kos R70 om daaraan deel te neem. “Ons neem as skool deel en elke kind wat deelneem verdien individueel en vir die skool punte. Ons het sover elke jaar ten minste twee kinders gehad wat vir Limpopo-kleure gekwalifiseer het,” het Archer gesê.

Almal vanaf Graad R tot Graad 7 is welkom. Die klub oefen in drie verskillende groepe, so die kleintjies jaag nie saam die groot kinders die berg uit nie. “Ons soek juis die kinders wat nie rugby of netbal of krieket ensovoorts speel nie. Fietsry in nie ingestel om kinders se lewens nog besiger te maak nie, maar om meer kinders te kry om te kom deelneem aan ‘n gesonde individuele sport. Die eerstespan kinders is ook natuurlik welkom!” het Archer gesê.

Vir meer inligting skakel Kobus Ehlers by die skool of afrigters Mark (083 324 8495) of Robbie Novella (083 400 6152).

 

 
 
 

Viewed: 2238

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT