ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die 12-jarige Hanro Ehlers het Saterdag weer die veld aan die brand gery vir ‘n eerste plek in die Sprogs-afdeling vir seuns tydens die eerste ronde Limpopo XCO.

Speke sing tydens eerste ronde Limpopo XCO

Date: 05 March 2020 By: Andries van Zyl

Bykans 140 bergfietsryers vanoor die hele Limpopo het die afgelope naweek by Hoërskool Louis Trichardt byeengekom vir deelname aan die eerste ronde in die Limpopo XCO. Dié XCO was verpligtend vir alle ryers wat vanjaar wil aanspraak maak op provinsiale kleure.

In egte Soutpansberg tradisie is die ryers begroet met koue en nat weer en het ‘n paar millimeter reën op die reeds versadigde baan die vorige aand die baan in ‘n modder-uitdaging omskep. Die ryers se geesdrif is egter glad nie deur die omstandighede gedemp nie. Dit sou ook die eerste keer wees dat hierdie baan gery word, nadat dit spesiaal deur Hoërskool Louis Trichardt gebou is vir die bergfietsliga.

Meegaande is ‘n paar foto’s van deelnemers en presteerders van die dag. Vir volledige uitslae, besoek https://www.webscorer.com/race?raceid=212080.

 

 
 
 

Viewed: 2300

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Die Elite vroue-afdeling van die eerste Limpopo XCO vir 2020 is die afgelope naweek gewen deur Christelle Coetzer.

In die afdeling vir Sub-junior meisies het Eleen Furstenburg net-net ‘n podium plek gemis deur vierde te eindig in die afdeling.

Die 17-jarige Eliz-Mari Pretorius van Hoërskool Louis Trichardt het Saterdag gewys dat sy gereed is vir die komende XCO-skolereeks deur ‘n oortuigende wen te beklink in die Junior vroue-afdeling van die eerste ronde Limpopo XCO op Louis Trichardt.

Jennavieve Truter van Hoërskool Louis Trichardt het Saterdag, tydens die eerste ronde Limpopo XCO, weer vir haarself ‘n podiumplek losgetrap deur derde te eindig in die junior vroue-afdeling.

Layah Mahomed het goed getrap vir haar tweede plek in die afdeling vir Sprogs meisies.

Hoërskool Louis Trichardt se Vossie van Zyl het tydens die eerste ronde Limpopo XCO die afgelope naweek ‘n tweede plek behaal in die Elite vroue-afdeling.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT