ADVERTISEMENT:

 

 
 

'n Paar van die plaaslike atlete wat die afgelope naweek deelgeneem het aan die virtuele Comrades Marathon. 

Virtuele Comrades laat atete regtig sweet

Date: 18 June 2020 By: Pétria de Vaal

Die feit dat die normale Comrades Marathon tussen Pietermaritzburg en Durban nie kon plaasvind nie, het die organiseerders (die Comrades Marathon Association) aangespoor om nóg meer inskrywings te kry – net op ‘n ander manier!

‘n Virtuele wedloop van formaat is georganiseer. Nagenoeg 40 000 inskrywings is vanoor die hele wêreld ontvang. Die organiseerders noem dit die “Race the Comrades Legends” wat op Sondag, 14 Junie, plaasgevind het. Die Zoutpansberger het ‘n paar van ons plaaslike atlete wat deelgeneem het, genader.

Volgens Ferreira Nel, voorsitter van die Soutpansberg Atletiekklub, was die virtuele geleentheid iets spesiaal en ‘n aantal atlete van die plaaslike atletiekklub het deelgeneem. Sommige het wel gedraf, maar het nie formeel geregistreer nie. Ferreira self het die afstand van 21.1km in die plantasies gedoen. “Wat lekker is, is dat elkeen ‘n medalje kry en selfs ‘n T-hemp kan bestel,” sê Ferreira.

“Ek het op 30, 40 en 50 die volledige Comrades voltooi, maar het nie kans gesien om op 60 (vanjaar) te oefen vir ‘n volledige Comrades nie,” aldus Louis Linde.  Hy noem dat hy gedurende die grendeltyd elke dag geoefen het en nou lekker fiks is. “Toe ek sien dat ‘n mens nou die wedloop met die tema ‘I am my own legend’ virtueel kan doen, was ek bly en het besluit op die halfmarathon van 21.1km. ‘n Mens kon ook slegs 5 of 10km doen. Ek het my roete op die plaas uitgewerk en vooraf verversings op sekere punte neergesit. Ons honde het sekere dele saam met my gehardloop. Hulle is gewoond om saam te oefen. Die wedloop is op my oefenhorlosie aangeteken en toe moes ons dit net registreer op die webwerf. Elke deelnemer kry ook ‘n medalje,” sê Louis.

Reneé Hamman het in 2010 aan die volledige 89km Comrades deelgeneem. Vanjaar het sy besluit om die 21.1km Virtuele Comrades marathon in Levubu aan te pak. “Dit was vir my lekker om deel te kon neem aan so ‘n spesiale marathon, maar ‘n mens mis die interaksie met die mede-atlete. Daar was selfs ‘n waterpunt vir my gereël!” sê Reneé.

Vir Friede Meissenheimer het die Comrades Virtual Race gevoel na 'n lekker uitdaging om haar weer aan die gang te kry, nadat sy vir ‘n lang tyd nie aandag aan hardloop gegee het nie. Van verlede jaar af het sy die Park Runs begin doen, maar nie verder as 5km gehardloop nie. Sy het besluit om Sondag die 10km te doen. “Dit was nie vinnig nie, maar dit was lekker! Ek het maar op my eie deur die dorp gedraf. As gevolg van sosiale distansiëring mag ons nie saam gedraf het nie,” sê Friede.

Percy Sinthumule het verder gehardloop as waarvoor hy ingeskryf het. Hy het op die ou end 19.79km gehardloop, in plaas van die 10km  waarvoor hy geregistreer het. Sy roete het hom vanaf Eltivillas na die N1 geneem, toe na 3 Myl, daarna via die Madombidzha-pad verby Sinthumule en die begraafplaas en daarna op met Kroghstraat. By Mount Fuji het hy weer regs gedraai en N1-langs gehardloop tot by Makhado Crossing. Van daar af het hy weer in die rigting van Eltivillas gehardloop, waar hy geëindig het.

“Vir ons was dit ‘n unieke ervaring om deel te kon wees van ‘n wêreldwye bekende byeenkoms in ons eie provinsie teen ons eie spoed en pas.” Só sê Conrad en Ninnelie Visser, wat die 10km op die Lugmagbasis Makhado voltooi het.

Kudakwashe Madzima also took part in the Comrades Virtual Race. With two friends he tackled the 45km route from just past the Capricorn tollgate on the N1. They started from there, making their way back to Louis Trichardt. “So, the three of us (myself, Malebogo Legodi and Tinyiko Sibiya) ran the greater part of the 45km together till we reached Safari Motors. We managed to finish in five hours and seven minutes. I must say, it was full of fun because we were just talking all the way - just like we do when we are training. We did not feel much pain,” said Kudakwashe. Last year, he and Tinyiko took part in the normal Comrades race for the first time. Kudakwashe’s finishing time was 10 hours and 21 minutes. “I think the actual race is full of fun and is filled with lots of positive energy,” said Kudakwashe.

Daniel Mkansi entered for the 21.1km. He followed a route from Mountain View to 3 Miles and finished at the Information Centre. He has previously run eight Comrades marathons, with his best time being 10 hours and 25 minutes – this was during the down run in 2018. Although he ran alone, he felt the spirit of the real Comrades marathon on Sunday. His target was to complete the run in one hour and fifty-five minutes, but did it in one hour and forty-eight minutes, which is his personal best. “Covid-19 pushed people to think in a different manner. I definitely see it repeated. The physical race normally takes on 26 000 entries – now it was 40 000,” said Daniel. He congratulated everybody who participated, especially the novices.

 

 
 
 

Viewed: 2121

 

 
 

Pétria de Vaal

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT