ADVERTISEMENT:

 

 
 

Gimnaste aan die oefen in hul “nuwe” saal by Hoërskool Louis Trichardt se seunskoshuis. Foto verskaf.

Gimnastiekklub weer volstoom aan die gang

Date: 07 August 2020 By: Pétria de Vaal

Die Louis Trichardt Gimnastiekklub se gimnaste is weer volstoom aan die werk ná drie maande se inperking.

Die klub het sy deure weer aan die begin van Julie oopgemaak. Streng maatreëls om die veiligheid van die gimnaste en afrigters te verseker word nagekom. Sifting en skandering van gimnaste vind voor klasse plaas en hande en apparaat word gereeld in lestyd ontsmet en skoongemaak. Klasse is volgens die inperkingsreëls verklein, sodat sosiale afstand voortdurend gehou kan word. Afrigters en gimnaste stem saam dat om weer te kan oefen heerlik is en almal sien uit daarna om saam met klasmaats nuwe oefenprogramme aan te pak.

Omdat geen kompetisies in hierdie stadium kan plaasvind nie, word van alternatiewe toetsinstrumente gebruik gemaak om die gimnaste te motiveer en aan te moedig. Gimnaste moet 10 vaardighede, wat wissel van soepelheid tot krag en bewegingsvaardighede, vir elke toekenning bemeester voordat hulle na 'n volgende vlak aanbeweeg.

Die Louis Trichardt Gimnastiekklub het vroeër vanjaar na ‘n saal by Hoërskool Louis Trichardt se seunskoshuis verskuif. Die ingang van die saal is vanaf Van Warmelostraat (oorkant Katvoet). Vir meer inligting oor die klub se aktiwiteite en oefentye, skakel Elzabé Stewart by tel. 082 566 3493.

 

 
 
 

Viewed: 1623

 

 
 

Pétria de Vaal

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT