ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Duiwe kry swaar vanaf Warrenton

Date: 13 August 2020 By: 

‘n Sterk noordwes- tot noordewind het die afgelope naweek die lewe moeilik gemaak vir posduiwe van die Hangklip en Soutpansberg Posduifklub in hul wedvlug vanaf Warrenton oor 610 km.

Die jaaroudwedvlug, waaraan 140 duiwe deelgeneem het, word gewen deur RWJ & Mike Coetzee van die Hangklip Posduifklub (HPK) nadat sy wenduif die afstand voltooi met ‘n spoed van 1109.20 meter per minuut. Hulle is ook 8ste, 12de, 16de en 18de. Die res van die eerste twintig posisies is ingepalm deur Louis Jordaan (HPK) wat 2de, 3de, 7de, 11de en 13de is. Julius Pienaar (HPK) is 4de, TE Smit (HPK) 5de, Mieke & Mike Coetzee (HPK) 6de, 10de en 15de, Nico Bezuidenhout 9de en 19de, Marx Hokke van die Soutpansberg Posduifklub (SPB) 14de, Gerhard Bezuidenhout 17de en Louis Gossmann (SPB) 20ste.

Die opewedvlug, waaraan 148 duiwe deelgeneem het, word gewen deur Mieke en Mike Coetzee (HPK), nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n spoed van 1102.84 meter per minuut. Hulle is ook 13de en 20ste. Die res van die eerste twintig posisies is ingepalm deur Marx Hokke 2de, Julius Pienaar 3de en 5de, Ben en Mariaan Pienaar (HPK) 4de en 18de, Nico Bezuidenhout 6de en 10de, Gerhard Bezuidenhout 7de, 9de en 11de, Louis Jordaan 8ste, RWJ & Mike Coetzee 12de, 17de en 19de, TE Smit 14de en 16de en Erasmus Hokke (HPK) 15de.

Eerskomende naweek lê nog ‘n strawwe wedvlug voor vir die duiwe van hierdie twee klubs in die noordstreek, naamlik die wedvlug vanaf Theunissen oor ongeveer 680 km.

Wat punte betref ná die naweek se wedvlugte, hou Mieke en Mike Coetzee vas aan hulle voorsprong op die streekkampioen punteleer met 956 punte. Nico Bezuidenhout beklee steeds die tweede plek met 941, met RWJ & Mike Coetzee wat vashou aan hulle derde plek met 921 punte.

 

 
 
 

Viewed: 1463

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT