ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image.

Sterk wind vertraag duiwe se wegspring

Date: 20 August 2020 By: 

Slegte windtoestande het die afgelope naweek die wegspring van die jaaroud- en opewedvlugte vanaf Theunissen vertraag, met die duiwe wat eers Sondag en nie Saterdag losgelaat is.

Die vertraging in die wegspring het ‘n goeie besluit geblyk te wees, want die wind het Sondag gedraai na ‘n suidwestewind wat die duiwe van die Hangklip (HPK) en Soutpansberg (SPB) Posduifklubs gehelp het om weer terug te kom in Limpopo vanwaar hulle ‘n matige noordwestewind ervaar het.

Mieke en Mike Coetzee (HPK) wen die jaaroudwedvlug, nadat hul wenduif die afstand van 680 km in ‘n tyd van 1389.76 meter per minuut voltooi. Hulle is ook 8ste. In totaal is 115 duiwe vir dié wedvlug losgelaat. Die res van die eerste twintig posisies is soos volg: RWJ & Mike Coetzee (HPK) 2de, 7de en 17de, Nico Bezuidenhout 3de, 9de en 14de, Gerhard Bezuidenhout (HPK) 4de, 10de en 19de, Marx Hokkie (SPB) 5de, TE Smit (HPK) 6de, 13de en 20ste, Louis Jordaan (HPK) 11de, 12de en 18de en Ben & Mariaan Pienaar 15de en 16de.

Dit was ‘n goeie naweek vir Mieke & Mike Coetzee, want hulle wen ook die opewedvlug nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n spoed van 1505.26 meter per minuut. Hulle is ook 3de. In totaal is 126 duiwe vir dié wedvlug losgelaat. Die res van die eerste 20 posisies is soos volg: RWJ & Mike Coetzee 2de, 4de, 11de en 12de, Nico Bezuidenhout 5de, 7de, 18de en 20ste, Ben & Mariaan Pienaar 6de en 19de, Julius Pienaar (HPK) 8ste en 16de, Gerhard Bezuidenhout 9de en 17de, Louis Jordaan 10de, Louis Gossmann (SPB) 13de, Johnny Gouws (SPB) 14de en TE Smit 15de.

Eerskomende naweek sal hierdie twee klubs in die noord-streek kragte meet vanaf Bloemhof, weer oor ‘n afstand van ongeveer 680 km. Wat die top drie posisies op die punteleer betref in die streekkampioenskap loop Mieke & Mike Coetzee voor met 1 156 punte, gevolg deur Nico Bezuidenhout in die tweede plek met 1 135 punte en RWJ & Mike Coetzee derde met 1 119 punte.

 

 
 
 

Viewed: 1361

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT