ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Wind help duiwe terug vanaf Bloemfontein

Date: 03 September 2020 By: 

Lede van die Hangklip (Hpk) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het die afgelope naweek weer kragte gemeet in twee opewedvlugte, dié keer vanaf Bloemfontein, oor ‘n afstand van 765 km.

Die suidwestewind wat Saterdag oor die Vrystaat gewaai het, was tot die duiwe se voordeel en hulle kon ‘n redelike spoed handhaaf op pad huis toe.

Die A-wedvlug word gewen deur Mieke & Mike Coetzee (Hpk), nadat hul wenduif die afstand voltooi met ‘n spoed van 1 270.88 meter per minuut. Hulle is ook 3de. Die res van die twintig eerste posisies van die 103 duiwe wat vir die wedvlug losgelaat is, gaan aan Ben & Mariaan Pienaar (Hpk) 2de en 13de, RWJ & Mike Coetzee (Hpk) 4de, Julius Pienaar (Hpk) 5de en 16de, Gerhard Bezuidenhout (Hpk) 6de, 10de en 15de, Sekelbos Hokke (Hpk) 7de, 18de en 20ste, Marx Hokke (Spb) 8ste en 12de, Nico Bezuidenhout (Hpk) 9de en 17de, TE Smit (Hpk) 11de), 777 Hokke (Spb) 14de en Erasmus Hokke (Hpk) 19de.  

In die B-wedvlug is dit RWJ & Mike Coetzee wat met die louere wegstap, nadat hul wenduif die afstand voltooi met ‘n spoed van 1 303.24 meter per minuut. Hulle is ook 3de, 4de en 16de. Die res van die twintig eerste posisies van die 93 duiwe wat vir die wedvlug losgelaat is, gaan aan Julius Pienaar 2de, Mieke & Mike Coetzee 5de, Gerhard Bezuidenhout 6de, 9de, 17de en 18de, Nico Bezuidenhout 7de, 11de, 12de en 20ste, Ben & Mariaan Pienaar 8ste, Stoffel du Plessis (Letaba Posduifklub) 10de, TE Smit 13de, 777 Hokke 14de, Erasmus Hokke 15de en Riaan van der Berg (Letaba) 19de.

Eerskomende naweek sal die klubs in die noordstreek kragte meet in wedvlugte vanaf Warrenton oor ‘n soortgelyke afstand.

 

 
 
 

Viewed: 1306

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT