ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die algehele wenner van die meisies tydens Hoërskool Louis Trichardt se jaarlikse Bergfietsbrul was Eliz-Mari Pretorius. Foto verskaf.

Bergfietsbrul sorg vir pret en plesier

Date: 06 November 2020 By: Andries van Zyl

In ‘n jaar waartydens feitlik geen sportgeleenthede by Hoërskool Louis Trichardt kon plaasvind nie weens die Covid-19 pandemie, kon die skool darem op die laaste oomblik toestemming kry om hul jaarlikse Bergfietsbrul Dinsdag aan te bied omdat dit nie ‘n kontaksport is nie.

“Ons kon dit egter nie so groot maak soos altyd met ondersteuningspanne ensovoorts nie, juis weens die Covid-19 regulasies,” het Madeleine Nel van die skool se bemarkingsafdeling gesê. Tog het hul borge dit wel moontlik gemaak om die gewilde fondsinsamelingsdag aan te bied.

“Die hoofborg was weer KFC. Premjee’s het ook weer geborg en alle geld wat ons met die projek insamel, sal gaan aan die Makhado Care Group,” het Nel gesê.

Die wenners die dag onder die seuns was Casper McDonald eerste, Dilan Rossouw tweede en Mitchell van Deventer derde. By die meisies was dit Eliz-Marie Pretorius wat met die louere weggestap het, met Vossie van Zyl tweede en Mieke Veldman derde. Die wenners is bepaal deur te kyk wie die meeste rondes op ‘n vasgestelde baan in ‘n spesifieke tyd kon voltooi. Oudergewoonte het Stanley Thompson van die Soutpansberg Fietsryklub luister aan die geleentheid gegee deur as aankondiger op te tree. Tannie Maud Myburgh van die ambulansdiens was ook soos gewoonlik daar om dié te help wat dalk kon bloei.

“Alhoewel net die Graad 10 en 11 kinders tans by die skool is, was daar ook Graad 8 en 9 spanne. Daar was ook een matriekspan. Wat die spanne betref, het die Graad 11 Coca-Cola span gewen. Tweede was die Graad 10’s se Egiptenare-span en derde was die Graad 12’s se Santa’s Workshop span.

Nel het aangedui dat die Bergfietsbrul deel vorm van ‘n groter fondsinsamelingsprojek vir die Makhado Care Group. “Hierdie mense doen regte ‘n groot werk vir kankerpasiënte in ons gemeenskap. Ons moet nou nog ons ‘blikkieskud’ hou en ons wil graag die publiek uitnooi om hierdie projek te ondersteun. Sy het mense wat graag ‘n bydrae wil lewer ten opsigte van die fondsinsameling uitgenooi om haar te skakel by tel. 083 388 7933.

 

 
 
 

Viewed: 2187

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Wat die spanne betref, het die Graad 11 Coca-Cola span gewen. Foto verskaf.

Tweede was die Graad 10’s se Egiptenare-span. Foto verskaf.

Die wenners die dag onder die seuns was Casper McDonald (regs) eerste, Dilan Rossouw (middel) tweede en Mitchell van Deventer (links) derde. Foto verskaf.

Vossie van Zyl het algeheel tweede geëindig onder die meisies tydens Hoërskool Louis Trichardt se jaarlikse Bergfietsbrul. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT