ADVERTISEMENT:

 

 
 

Afgeneem is (van links na regs) George Mahlauli, Chris Gerber, Inus Steyn (klubkaptein) en Anton Pretorius. Shameel Govind en Mark WIngrove was afwesig tydens die neem van die foto. Foto verskaf.

Gholfklub wys beste spelers aan

Date: 04 December 2020 By: 

Die Soutpansberg Gholfklub se jaarafsluiting en prysuitdeling het Saterdag, 28 November, plaasgevind.

George Mahlauli is aangewys as die klub se Speler van die Jaar, terwyl Anton Pretorius weggestap het met die trofee vir mees toegewyde speler. Die speler wat die meeste vordering getoon het, was Chris Gerber, terwyl Shameel Govind die Eclectic-wenner was. Mark Wingrove is aangewys as die klub se “Stirrer” van die Jaar.

Klubkaptein Inus Steyn het tydens die geleentheid aangekondig dat die klub tans ‘n spesiale promosie het. Indien spelers tussen 1 en 30 Desember hulle ledegeld ten volle betaal, is geen intreefooi betaalbaar nie. Nog so een of twee kompetisies vir die jaar bly oor, met die baan wat op 25 Desember gesluit sal wees.

 
 
 

Viewed: 1945

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT