ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image.

Gimnaste begin weer oefen

Date: 14 January 2021 By: 

Die Louis Trichardt Gimnastiekklub sal op Maandag, 1 Februarie, hulle weeklikse oefensessies hervat.

Maandae en Woensdae vanaf 13:00 tot 14:00 sal die voorskoolse kinders (meisies en seuns van drie tot vyf jaar oud) oefen. Ook op dié dae oefen die beginner meisies vanaf 14:15 tot 15:15, Vlak 1 en 2 meisies vanaf 15:15 tot 16:30 en die Vlak 4 en 5 meisies vanaf 16:30 tot 18:00.

Op Dinsdae en Donderdae oefen die beginner seuns en alle vlakke van 14:15 tot 15:30. Vlak 2 en 3 meisies oefen op hulle beurt weer vanaf 15:30 tot 16:45 en die Vlak 4 en 5 meisies vanaf 16:45 tot 18:15.

Vir meer inligting oor meisiesgimnaste, skakel  Elzabé Stewart by tel. 082 566 3493, Riekie Steyn by 082 484 1392 of Iné du Plessis by 072 367 7005. Vir inligting oor die seuns, skakel  Christiaan Nel by tel. 079 525 3013 of Nadine Bezuidenhout by 082 390 6849. Elize Pretorius kan geskakel word vir inligting oor die voorskoolse kinders. Haar nommer is 081 888 1371.

 
 
 

Viewed: 1787

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT