ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image.

Parkin die keer te sterk vir Limpopo

Date: 12 March 2021 By: Andries van Zyl

Die Louis Trichardt Krieketklub het Saterdag, 6 Maart, hul nuwe krieketliga afgeskop met ‘n kragmeting tussen die Limpopo Melkery- en Parkin-spanne.

Limpopo het eerste gaan kolf, met AJ Fourie (43 lopies van 39 balle) en Jean-Claude Phillips (28 van 25 balle) wat ‘n goeie fondasie gelê het. Ná hulle vertrek het die paaltjies egter met reëlmaat geval, met slegs Janco Weideman (10 van 21 balle) wat ook dubbelsyfers kon aanteken. Alhoewel die span nie uitgeboul is nie, kon hulle slegs 107 lopies op die telbord plaas vir die verlies van agt paaltjies.

Vir Parkin was Sean Collett verwoestend met die bal en hy het vier paaltjies ingepalm vir die verlies van 24 lopies in vier boulbeurte. Francois Jonker het twee paaltjies vir die verlies van slegs vier lopies in drie beurte geneem, terwyl TE Smit en AC Geldenhuys elk een paaltjie platgetrek het.

Parkin het ‘n aanvanklik gesukkel om aan die gang te kom, met die openingspaar van Reese Coetzee en Dian van Tonder wat terug was op die paviljoen met slegs 11 lopies op die telbord ná vyf beurte. AC Geldenhuys en TE Smit het egter hierna die bordjies dramaties verhang, met AC wat 47 lopies (nie uit nie) aangeteken het van 37 balle en TE wat uitstaan met 43 lopies (nie uit nie) van slegs 23 balle. Dit het hul span gehelp op die wenlopies van 111 na slegs 14.1 beurte aan te teken. Limpopo se 12 wydlopers het ook bygedra tot hul wentelling.

Al Limpopo se boulers het maar gesukkel met die bal, met slegs Pierre Jonker (een paaltjie vir die verlies van 12 lopies in 3.1 beurte) en Vimal Shah (een paaltjie vir die verlies van 17 lopies ná vier beurte) wat paaltjies kon plattrek.

Eerskomende Saterdag word die volgende wedstryd in die liga beslis tussen die Strikers en Limpopo Melkery. Die wedstryd is onderhewig aan streng Convid-19 regulasies en toeskouers word nie toegelaat nie.  

 

 
 
 

Viewed: 1354

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT