ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image.

Strikers veg dapper, maar Vikings stap weg met die wen

Date: 16 April 2021 By: Andries van Zyl

Die Toyota Vikings het Saterdag hul wedstryd teen die Strikers met agt lopies gewen in die volgende ronde 20-beurt wedstryde van die Louis Trichardt Krieketklub.

Die Vikings het eerste gaan kolf en 139/10 aangeteken in hulle toegelate 20 beurte. Jandré Hancke het uitgeblink met die kolf en 52 lopies aangeteken vanaf slegs 30 balle in ‘n beurt wat sewe viere en een ses ingesluit het. Kobus Barkhuizen het op sy beurt 24 lopies van nege balle aangeteken, met Morné Olwage (11) en JW Moos (12) die enigste ander spanmaats wat dubbelsyfers kon aanteken.

Strikers bouler Dirk-Pieter van den Berg was behoorlik ‘n doring in die vlees van die Vikings en het vier paaltjies vir die verlies van 36 lopies in sy vier beurte laat kantel. Hy is goed ondersteun deur JP van Niekerk, wat drie paaltjies gevat het vir die verlies van 46 lopies in sy vier beurte.

Die Strikers se kolfbeurt het maar wankelrig begin en teen die tyd wat Ettienne Hendriks op nommer drie ingekom het, het die Strikers slegs 7 lopies met die kolf aangeteken. Ettienne het egter nie op hom laat wag nie en ‘n redelike vinnige 51 lopies vanaf 48 balle geslaan. Dubbelsyfers met die kolf is ook aangeteken deur Etienne van Heerden (11), Christo Boshoff (13) en Riaan Gerber (21), maar dit was net nie genoeg om die Strikers tot oorwinning te stuur nie. Die span het met die telling op 131/8 uit balle gehardloop, wat aan die Vikings die oorwinning besorg het.

Vir die Vikings het Morné Olwage uitgestaan met die bal. Hy het geëindig op syfers van drie paaltjies vir 18 lopies in sy vier beurte. Die enigste ander Viking bouler wat kon spog met meer as een paaltjie was Leon Furstenburg, wat twee paaltjies geneem het vir die verlies van 28 lopies in sy vier beurte.

Eerskomende Saterdag (17de) sal Limpopo Melkery teen Ridgeway te staan kom.

 

 

 
 
 

Viewed: 990

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT