ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Crazy Daisy-span het Maandag met 110 vierbal-punte die Soutpansberg Gholfklub se Vrouedag-toernooi vir nie-spelers ingepalm. Die span het bestaan uit Liana van Rooyen, Michelle Prinsloo, Hannelie Bruce en Carin Knell. Afgeneem is, van links na regs, Anel, Hannelie, Linda Breytenbach (vroueklubkaptein), Liana en Michelle. Foto verskaf.

Vroue se beurt om stokke te swaai op Vrouedag

Date: 12 August 2021 By: Andries van Zyl

Die streek se vroue het Maandag, 9 Augustus, bietjie die kans gekry om die bordjies te verhang en hulle mans ‘n slag by die huis te los as “gholfwewenaars” tydens die Soutpansberg Gholfklub se gholfdag vir vroue op nasionale Vrouedag.

Die dag, wat veral gemik was op nie-spelers, is goed ondersteun met 14 spanne en ‘n totaal van 56 spelers wat ingeskryf het vir die vierbal-kompetisie. Die spanne het ingesluit die Fairway Fairies, George’s Valley, Crazy Daisies, M&M Mik en Moer,  The Dog Leg Ladies, The Par-tee Girls, Awesome Foursome, Golden Girls, Sunshine Toffees, Tap in Tigers, Weapons of Grass Destruction, Perky Putters, Blinde Hoenders en die Pomp Joggies.

“Baie dankie aan elke speler wat Soutpansberg se ‘non-golfers ladies day’ kom ondersteun het. Die belangstelling was baie groot. Hierdie was beslis ‘n groot sukses en ons oorweeg dit om dalk meer as een maal ‘n jaar so ‘n dag aan te bied,” het die klub gesê.

Op die ou end was dit die Crazy Daisies met spanlede Carin Knell, Hannelie Bruce, Liana van Rooyen en Michelle Prinsloo wat met 110 punte met die louere weggestap het. Die Weapons of Grass Destruction met spanlede Estie Roets, Michelle Meintjes, Jeanne Pretorius en Marine Olwage was tweede met 109 punte, terwyl die Pomp Joggies met spanlede Marinda Malan, Louise Swart, Elize Kotze en Natasha Poolman derde was met 102 punte.

“Ons bedank Francois Labuschagne, alombekend as Flappies, wat die baan so mooi vir ons voorberei het met sy span. Dankie ook aan Maré van der Merwe en die kroegpersoneel, Bernie Poolman wat die prysuitdeling behartig het, die Soutpansberg Gholfklub se bestuur vir hulle ondersteuning en Heleen Yzel en haar span van Rebels and Rats vir die heerlike ontbyt wat voorgesit is,” het die dag se organiseerders gesê.

Linda Breytenbach, die klub se vrouekaptein, het namens die klub haar dank uitgespreek teenoor al die dag se borge. Hulle het ingesluit NTT Toyota, Trim & Tone Body Firming Studio, Maurits Senekal, JLP Forestry (Johan Breytenbach), Fresh Market Produce (Koos jnr.), La Monique’s Nail Boutique (Monique du Plessis), Foschini Louis Trichardt (Salome Schoeman), 139 On Munnik Guest House (Anri), Ford (JP), Monti Mart (Brian du Plooy), Salon Louise, Ocean Basket, Blink Jewelry (Natasha Poolman), The Good Health Shop (Annie Scott), Lin’s Jewelry, Die Boekwinkel (Jeanine Roets), Comien Veggies (Cobus van der Goot), Scruffy the Fluffy, die Legacy Pet Shop (DBV), BP Auto (Rampie Gilfillan), Mac Ridge (Phillip Potgieter), Rebels and Rats en Inus Steyn.

 

 
 
 

Viewed: 1548

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT