ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Laaste wedvlugte van die seisoen vir duiweboere

Date: 16 September 2021 By: 

Duiweboere in die Noordstreek het die afgelope naweek deelgeneem aan hulle laaste opewedvlugte van die 2021 wedvlugseisoen vanaf Hanover oor ‘n afstand van 1 000 km. Hierdie was ook die laaste langpad-wedvlugte van die seisoen.

In totaal is 58 duiwe ingeskryf vir die A-opewedvlug. Nico Bezuidenhout van die Hangklip Posduifklub (Hpk) het ‘n eerste plek ingeneem, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 795,06 meter per minuut. Hy was ook 2de, 5de, 8ste en 11de. Gerhard Bezuidenhout (Hpk) was 3de, 4de en 6de, Ben en Mariaan Pienaar (Hpk) 7de, Louis Jordaan (Hpk) 9de en RWJ & Mike Coetzee (Hpk) 10de.

Nico het ook die B-wedvlug (waarin ook 58 duiwe losgelaat is) gewen, met sy wenduif wat die afstand voltooi het met ‘n spoed van 858,51 meter per minuut. Hy was ook 4de en 5de. Gerhard Bezuidenhout was 2de, 3de en 7de en Legardt & Dian Jnr 6de.

Gerhard is aangewys as die seisoen se langpadkampioen. Hy het ook die streek se toptoekenning, dié van Noordstreek Kampioen van 2021, ingeoes. Mieke & Mike Coetzee (Hpk) is gekroon as middelpadkampioene, terwyl RWJ & Mike Coetzee die Alle Punte-kampioene is.

 

 
 
 

Viewed: 1420

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT