ADVERTISEMENT:

 

 
 

Brendan Bruce het in die sub-junior afdeling vir hoërskoolseuns derde geëindig. Foto verskaf.

Triegies veg vir hulle plekke bo-aan XCO-punteleer

Date: 16 September 2021 By: Andries van Zyl

Ná twee rondes in die provinsiale XCO-skoleliga loop Hoërskool Louis Trichardt se bergfietsryers naelskraaps voor, met nog een ronde om te gaan. Die skool het tans 130 punte op die provinsiale punteleer, een punt beter as Stanford Lake College in die tweede plek met 129 punte en Hoërskool Merensky derde met 119 punte.

Bergfietsryers vanoor die hele provinsie het op Saterdag, 4 September, deelgeneem aan die Tour de Lake by Stanford Lake College met Hoërskool Louis Trichardt se fietsryers wat, buiten vir drie podiumplekke, talle top-10 posisies ingepalm het.

In die afdeling vir sub-junior hoërskoolseuns het Triegies se Brendan Bruce vir homself ‘n 3de plek losgery, met spanmaats Danie en Matthew Lee onderskeidelik 7de en 12de. In die afdeling vir sub-junior hoërskoolmeisies het Junel Joubert 4de geëindig, terwyl Jaques du Preez ‘n goeie 5de plek verower het in die kompeterende Youth-afdeling vir seuns. Spanmaat Werner van Ree was 23ste. In die Youth-afdeling vir meisies was Mieke Veldman 4de en Jessica Brand 6dte.

Nog een van die meer kompeterende afdelings is die afdeling vir junior seuns. Hier het Herman Veldman vir hom ‘n 7de plek losgetrap, terwyl Wulf Schwerdtfeger en Douglas Piorek onderskeidelik 12de en 13de geëindig het. Die skittervertoning van die dag was egter Eliz-Mari Pretorius se 1ste plek in die junior afdeling vir meisies, met spanmaat Michelle Steyn wat algeheel 3de geëindig het, met Danelle Venter in die 4de plek.

Wat die laerskole betref, beklee Laerskool Louis Trichardt tans ‘n tweede plek op die provinsiale punteleer met 148 punte ná die Tour de Lake. Pietersburg Oosskool is eerste met 212 punte, met Dynamico derde met 82 punte.

Die jong Triegie-trappers het ook vir ‘n paar top podium- en Top 10-plekke gesorg. In die sub-Nipper-afdeling het Mauritz Meiring vir hom ‘n 1ste plek losgetrap, met spanmaat Christiaan Odendal 2de.  Die jong Triegie-span spog ook met ‘n 1ste plek in die Nipper-afdeling vir seuns, met Aiden Bruce wat eerste die wenpaal gehaal het. Hier was spanmaat Lehan Prinsloo 22ste. Die enigste inskrywing in die Nipper-afdeling vir meisies was Zané Adlam, wat 22ste klaargemaak het.

Ook in die Sprogs-afdeling spog Laerskool Louis Trichardt met ‘n eerste plek, met Nicolas Archer wat die top podiumplek ingepalm het. Peroux de Preez het ‘n sesde plek verower, met spanmaats Gehard Furstenburg, Wian Joubert en Evan Prinsloo onderskeidelik 11de, 14de en 17de. In die Sprogs-afdeling vir meisies was Cara Bruce 3de met Christa Odendal 6de.

Die onderskeie skolespanne in die provinsie sal eerskomende Saterdag, 18 September, deelneem aan hulle laaste provinsiale kragmeting, die Tour de Maroela op Lephalale.

 

 
 
 

Viewed: 1694

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT