ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hoërskool Louis Trichardt se Eliz-Mari Pretorius het weer vir haar 'n eerste plek losgetrap die afgelope naweek in die afdeling vir junior vroue tydens die interprovinsiale XCO-wedren in Middelburg. Foto verskaf.

Nog podiumplekke vir Triegie-trappers

Date: 08 October 2021 By: Karla van Zyl

Verskeie bergfietsryers van Louis Trichardt het Saterdag, 2 Oktober, deelgeneem aan die interprovinsiale XCO-wedren in Middelburg en uitstekende resultate gelewer.

Hierdie klomp fietsryers is glad nie vir die inwoners van Louis Trichardt onbekend nie. Wedren na wedren keer die trappers terug huis toe met podiumplekke, soos in die onlangse XCO-skoleliga waar Hoërskool Louis Trichardt se fietsryspan eerste in Limpopo geëindig het in die afdeling vir hoërskole. Laerskool Louis Trichardt se jong trappers het algeheel tweede geëindig in die provinsie in die laerskool-afdeling.

Die twee skole se trappers het weer nie teleurgestel die afgelope naweek nie en spog met twee eerste plekke, twee tweede plekke, en drie derde plekke.

Hoërskool Louis Trichardt se Eliz-Mari Pretorius het weereens 'n eerste plek verwerf, met spanmaat Michelle Steyn wat vyfde geëindig het in die afdeling vir junior vroue. Mieke Veldman was derde in die Youth-afdeling vir meisies, met Jaques du Preez wat 'n vyfde plek verwerf het in dieselfde afdeling vir seuns. Junel Joubert het 'n sesde plek in die sub-junior afdeling vir hoërskoolmeisies ingepalm, terwyl Brendan Bruce negende en spanmaat Daniël Lee tiende was in dieselfde afdeling vir hoërskool seuns.

Laerskool Louis Trichardt het geskitter, met die talentvolle Christiaan Odendaal en Mauritz Meiring wat onderskeidelik eerste en tweede geëindig het in die afdeling vir sub-Nipper seuns. Aiden Bruce het ‘n derde plek verower in die Nipper-afdeling vir seuns, terwyl Nicolas Archer en spanmaat Peroux du Preez onderskeidelik 'n tweede en derde plek losgetrap het in die Sprogs-afdeling vir seuns.

 

 
 
 

Viewed: 1945

 

 
 

Karla van Zyl

Karla van Zyl joined the newspaper team in February 2021 as a junior intern.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT