ADVERTISEMENT:

 

 
 

Ná drie dae se spel was dit weereens ‘n besoeker, Johan van Wyk van Harrismith, wat die gesogte trofee bo sy kop gelig het met ‘n telling van 111 individuele Stableford punte. Die tweede en derde plekke van die toernooi is deur Louis Trichardt spelers Chris Gerber (109) en Roelof Burger (107) opgeraap. Afgeneem tydens die prysuitdeling is (van links na regs) Chris, Ryno Gerber (klubkaptein van die Soutpansberg Gholfklub), Johan en Roelof. Foto verskaf.

Hanglip 54-toernooi deur besoeker opgeraap

Date: 14 October 2021 By: Andries van Zyl

Die Soutpansberg Gholfklub het vanaf 7 tot 9 Oktober weer hulle gewilde Hanglip 54-toernooi aangebied, nadat dit vroeër vanjaar vanweë Covid-19 regulasies uitgestel moes word. Ná drie dae se spel was dit weereens ‘n besoeker, Johan van Wyk van Harrismith, wat die gesogte trofee bo sy kop gelig het met ‘n telling van 111 individuele Stableford punte.

Johan is darem nie ‘n vreemdeling in die omgewing en het in 1992 aan Hoërskool Louis Trichardt gematrikuleer. Die tweede en derde plekke van die toernooi is deur Louis Trichardt spelers Chris Gerber (109) en Roelof Burger (107) opgeraap.

Alhoewel die algehele wenner van die jaarlikse Hanglip 54-toernooi die speler is wat die meeste individuele Stableford-punte oor die drie dae van spel ingesamel het, word daar ook daagliks ‘n beterbal Stableford-kompetisie beslis. Die eerste dag se spel op 7 Oktober is gewen deur George Mahlauli en Dumisane Nzimande en met ‘n telling van 46 beterbal Stableford-punte. Marius Mostert en Kobus Barkhuizen was tweede na ‘n uittel met 44 punte. In die derde plek was J. Froneman en J. Coetzer, ook met 44 punte.

Die tweede dag se spel op 8 Oktober is gewen deur Jaco Coetzer en Danie Lotter met ‘n telling van 44 beterbal Stableford-punte. Tweede was R. Mavunda en H. Modukwe, ook met 44 punte na ‘n uittel. I. Bosman en J. van der Walt was derde met 43 punte.

Dag drie se spel van die toernooi is Saterdag gewen deur Bennie Smith en Johan van Wyk met ‘n telling van 46 beterbal Stableford punte. In die tweede plek op dag drie was S. Van der Spuy en D. Rooi met 45 punte, met P. Venter en A. Leeb in die derde plek met 44 punte. Johan sou later as gehele individuele Stableford-wenner van die toernooi gekroon word.

 
 
 

Viewed: 1844

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT