ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die "brawe" fietsryers wat Vrydagaand se koue en nat weer trotseer het vir deelname aan die jaarlikse Jingle Bell Toy Run. Een van die "brawe" ryers was die jong Juliano Pessegueiro (heel links). .Foto verskaf.

Reën plaas ietwat van 'n demper op jaarlikse Jingle Bell Toy Run

Date: 22 December 2021 By: 

Die reën het verlede Vrydagaand, 17 Desember, ietwat van ‘n stokkie gesteek voor die Soutpansberg Fietsryklub se jaarlikse Jingle Bell Toy Run.

Tog het ‘n paar dapper siele die uiterse koue en nat weer getrotseer om die roete te ry en bietjie “Christmas cheer” in die dorp se strate te versprei. Een van die “brawe” ryers was die jong Juliano Pessegueiro. Hy het hom nie laat afskrik deur die weer nie en het die hele roete, sopnat, saam met die ouer trappers gery.

Die fietsryklub het almal bedank wat gehelp het met die reëlings, die koue aangedurf het, ondersteuningvoertuie help bestuur het en geskenkies gebring het. Hulle het persone wat steeds ‘n speelding of blikkieskos wil skenk vir die dorp se minder bevoorregte kinders en families uitgenooi om dit by Thompson's Motors te kom aflaai. 

 
 
 

Viewed: 2092

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT