ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die die Cheetah-wenspan. Die span het bestaan uit Jaco, Jaco-marno, Wikus en Ankia – almal Esterhuizens. Van links na regs staan Carel Volschenk (klubpresident), Jaco, Ankia, Wikus, Jaco-marno en Bernard Volschenk (ondervoorsitter van die klub).

Cheetahs stap weg met oorwinning in aandliga

Date: 02 June 2022 By: Andries van Zyl

Die finaal van die Louis Trichardt Rolbalklub se mees onlangse besigheids-aandliga is verlede Donderdag, 26 Mei, beslis. Die wenners was die Cheetah-span, met ‘n punteverskil van 100.

Die span van die Zoutpansberger het goed teruggeveg om met ‘n punteverskil van 66 algeheel tweede te eindig, terwyl Die Wawiel-span derde was met 'n punteverskil van 52. The span van Thompsons Motor's was die keer die besgeklede span met almal wat aangedui het hulle het meer slaap nodig!

Die rolbalklub se president Carel Volschenk het al die spanne wat deelgeneem het bedank vir die ondersteuning en positiewe gesindheid teenoor die klub. “Ons besef dat dit onder moeilike finansiële omstandighede is. Dit help om die klub uit te bou en deure oop te hou vir gebruik deur die gemeenskap. Ek wil ook Kobus Barkhuizen bedank vir die verskaffing van die braaipakkies, asook Ansu van Staden (Usna bouers) vir die skenking van tamaties. Dankie ook aan die klublede vir hul harde werk om die toernooi 'n sukses te maak,” het Carel gesê. Hy het ook weer inwoners uitgenooi om Saterdagmiddae ‘n draai te maak by die klub en te kom saamspeel.

 
 
 

Viewed: 1159

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT