ADVERTISEMENT:

 

 
 

Jordaan spog die keer met twee eerste plekke

Date: 21 July 2022 By: Andries van Zyl

Lede van die Hangklip (Hpk) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs het die afgelope naweek weer mekaar opgedreun, dié keer in twee opewedvlugte oor 675 km vanaf Theunissen.

Die duiwe moes weer ‘n matige noordewind en koue trotseer, en vir die tweede agtereenvolgende week het een klublid beide wedvlugte gewen.

In die 8A-opewedvlug is 136 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word genoem. Louis Jordaan (Hpk) het ‘n eerste plek ingepalm, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 290.25 meter per minuut. Hy was ook 10de. Mimosa Hokke (Hpk) was 2de, 8ste, 9de en 14de, RWJ & Mike Coetzee 3de en 11de, Louis Gossmann (Spb) 4de en 13de, Marx Hokke (Spb) 5de, 7de en 12de, Mieke & Mike Coetzee (Hpk) 6de en 19de, TE Smit (Hpk) 15de, Nico Bezuidenhout (Hpk) 16de en 17de, Pienaar Hokke (Hpk) 18de en Gerhardt Bezuidenhout 20ste.

In die 8B-opewevlug is 137 duiwe losgelaat. Louis Jordaan het ook hierdie wedvlug gewen nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 278.49 meter per minuut. Hy was ook 7de. Mieke & Mike Coetzee was 2de en 11de, Mimosa Hokke 3de en 15de, RWJ & Mike Coetzee 4de, 10de en 12de, Gerhardt Bezuidenhout 5de, 8ste, 17de en 18de, Pienaar Hokke 6de, TE Smit 9de en 14de, Nico Bezuidenhout 13de en 16de, Louis Gossmann 19de en Marx Hokke 20ste.

Jordaan se twee eerste plekke die afgelope naweek het hom ‘n voortou gegee op die middelpad-punteleer in die streek met 592 punte. RWJ & Mike Coetzee is tweede met 566 punte, met Marx Hokke in die derde plek met 565 punte. Mimosa Hokke lê vierde met 557 punte en Gerhardt Bezuidenhout vyfde met 555 punte.

Eerskomende naweek sal klubs in die Noordstreek weer deelneem aan twee opewedvlugte, dié keer vanaf Bloemhof.

 

 
 
 

Viewed: 1235

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT