ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die span het bestaan uit ses lede, waarvan vyf spelers van die Zoutpansberg Pluimbalklub was. Hulle was Elmay Koen (voor, tweede van links), Shanri Lombard (middel, tweede van links), Wilhelm Claasens (agter links), Tiaan Kotze (agter, regs) en Danielle Dreyer (middel, tweede van regs). Die sesde speler was Vivek Cherian (voor, tweede van regs) van Polokwane. Foto verskaf.

Jong Limpopo-pluimbalspan beïndruk by SA's

Date: 22 July 2022 By: Andries van Zyl

Limpopo se jong pluimbalspelers het hulle goed van hulle taak gekwyt deur algeheel derde te eindig tydens die B-afdeling van die nasionale o.19 interprovinsiale pluimbalkampioenskappe vanaf 3 tot 8 Julie in Bloemfontein.

Die span het bestaan uit ses lede, waarvan vyf spelers van die Zoutpansberg Pluimbalklub was. Hulle was Elmay Koen, Shanri Lombard, Wilhelm Claasens, Tiaan Kotze en Danielle Dreyer. Die sesde speler was Vivek Cherian van Polokwane.

Elmay is sewende gekeur uit 20 meisies ná afgeloop van die kampioenskappe, terwyl Shanri algeheel 10de en Danielle algeheel negende uit 20 meisies geëindig het. Wilhelm was vyfde uit 20 seuns, Tiaan vierde uit 20 seuns en Vivek agste. Die Limpopo-span het onder meer gespeel teen Grens, Vrystaat A en B en Boland.

Dank is uitgespreek teenoor die klub se voorsitter en afrigter, Jimmy Scheepers, vir al sy moeite en om die kinders veilig te hou by die kampioenskap. Elmay se pa, Leon, het op sy beurt ook al die borge bedank wat dit vir Elmay moontlik gemaak het om te gaan deelneem. Jimmy het van sy kant af almal bedank wat die klub en spelers op welke wyse ook al ondersteun het. 

 
 
 

Viewed: 1371

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT