ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die munisipale vliegveld buite Louis Trichardt was die naweek ‘n miernes van bedrywighede met die hou van die Soutpansberg Vliegklub se eerste “fly-in” sedert die veld 38 jaar gelede in 1984 geopen is. Foto: Air Born.

Vliegklub hou groot makietie tydens eerste 'fly-in'

Date: 04 August 2022 By: Andries van Zyl

Die Soutpansberg Vliegklub het vir die eerste keer in 38 jaar sedert die veld in 1984 geopen is, weer ‘n “Fly-in” aangebied, met vlieëniers wat die afgelope naweek van heinde en verre ingevlieg het vir die geleentheid.

in Totaal van 48 vliegtuie van onder meer Marble Hall, Pretoria, Brakpan, Groblersdal, Tzaneen Mokopane en Polokwane het vir die “kuier” ingevlieg, asook heelwat plaaslike boere met hulle helikopters.

Sedert Vrydagaand is lekker makietie gehou by die munisipale vliegveld buite Louis Trichardt. Verskeie stalletjies was beskikbaar, Dienkie en Doedels het die kinders vermaak en ‘n dans en lewendige vermaak is vir die groter mense aangebied, met kunstenaars wat ingesluit het Anton Myburgh, Louis Trichardt se eie Jacques Mouton en Willem van der Ryst.

Saterdag se hoogtepunt was die lugnavigasieresies (ANR), waar vlieëniers deur slegs ‘n kaart te gebruik en visuele observasie vanuit die vliegtuig na seker punte moes vlieg binne ‘n bepaalde area (korridor) teen tyd - tot groot vermaak van die besoekers.

Jaco Wepener en Floris Prinsloo het namens die Soutpansberg Vliegklub almal bedank wat op welke wyse ook al ‘n bydrae gelewer het tot die naweek se sukses. Dit sluit in die groot hoeveelheid besoekers, plaaslik sowel as van elders. Hulle wou niemand spesifiek uitsonder nie, aangesien hulle bang was hulle los iemand se naam uit, maar hulle het tog ‘n spesiale woord van dank gerig aan Iaan Myburgh wat die ANR hanteer het en die naweek se veiligheidsoffisier, Nigel Musgrave. “Die idee is om dit weer volgende jaar aan te bied, maar heelwat groter. Selfde plek, selfde tyd. Sien julle daar!” het die duo gesê.

 

 
 
 

Viewed: 1405

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT