ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die vier atlete van Louis Trichardt wat Limpopo verteenwoordig het tydens die pas-afgelope Suid-Afrikaanse Sterkman-kompetisie in Vanderbijlpark. Van links na regs is Leon le Roux, Zuleika de Klerk en Heine de Jager. Agter is Marihan le Roux. Foto verskaf.

Plaaslike atlete bult spiere by SA's

Date: 12 August 2022 By: Andries van Zyl

Limpopo was goed verteenwoordig deur vier atlete van Louis Trichardt tydens die Suid-Afrikaanse Sterkman-kompetisie wat vanaf 6 tot 7 Augustus by die Emerald Casino in Vanderbijlpark aangebied is.

Die vier plaaslike atlete was Leon Le Roux, Heine de Jager, Marihan le Roux en Zuleika de Klerk. “Van die vroue het onttrek en dus is al die vrouens in een kategorie geplaas en almal moes dieselfde gewigte gebruik, ten spyte van hulle gewigsklas,” het Leon gesê.

Nogtans het Zuleika en Marihan uitsonderlik presteer, veral Zuleika wat die vroue-afdeling in die Novice-klas gewen en Marihan wat vierde plek ingepalm het. Leon wys weereens sy krag in die meesters-afdeling, waar hy spog met ‘n tweede plek, terwyl Heine derde eindig in die o.90kg Novice-klas.

Leon is baie trots op Limpopo se atlete. Deelnemers het gekom van regoor Suid-Afrika, asook Kenia. Items oor die twee dae het ingesluit die klassieke Yoke Walk, Deadlift, Farmer’s Walk, Axle Push en ander.  “Ek is baie trots op al die Limpopo atlete wat hul eerste nasionale kompetisie gedoen het. Van hier af sal Sterkman net groei in die provinsie en ek sien uit na nog atlete om in te val vir volgende jaar,” het Leon gesê.

Leon het sy dank uitgespreek teenoor almal wat hulle ondersteun het en ‘n bydrae gelewer het vir hulle om te gaan deelneem. “Elke sent het getel en het dit moontlik gemaak vir ons om te gaan. ‘n Groot dankie vir Rainbow Midas se bydrae en ondersteuning, asook Paul's Body Shop op die lugmagbasis. Die bestuur van Rainbow Midas moes twee van hul personeel afstaan vir die naweek en het ook finansiële ondersteuning gebied. Die kompetisie het vlot verloop en ons almal beplan om volgende keer sterker en beter terug te gaan vir beter plasings. Baie dankie vir almal se boodskappe en ondersteuning. Dit gaan nie ongesiens verby nie. Welgedaan aan al die Limpopo atlete, julle is uitsonderlik,” het Leon gesê.

 

 
 
 

Viewed: 2445

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT