ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Nico & Dian maak skoonskip vanaf Theunissen

Date: 22 September 2023 By: Andries van Zyl

Lede van die Soutpansberg (Spb) en Hangklip (Hlp) Resiesduifklubs se duiwe was die afgelope naweek weer op koers in hulle jaaroud- en opewedvlug vanaf Theunissen oor ‘n afstand van 675 km. Hulle kon ‘n gemiddelde spoed van meer as 1,400 meter per minuut handhaaf.

In die jaaroudwedvlug is 54 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 plekke word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur Nico & Dian Bezuidenhout (Hlp), nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1,474.04 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 3de, 8ste, 9de en 10de. Pienaar Hokke (Hlp) was 4de, 5de, 6de, 11de en 19de, Mieke & Mike Coetzee (Hlp) 7de, Gerhardt Bezuidenhout (Hlp) 12de, 13de, 14de, 15de, 16de, 17de en 18de en RWJ & Mike Coetzee (Hlp) 20ste.

In die opewedvlug is 48 duiwe losgelaat. Ook hierdie wedvlug is gewen deur Nico & Dian, met hulle wenduif wat die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1,430.52 meter per minuut. Hulle was ook 5de, 7de, 10de, 13de en 20ste. Gerhardt was 2de, 9de, 15de, 18de en 19de, Pienaar Hokke 3de, 6de, 16de en 17de, RWJ & Mike 4de, 11de, 12de en 14de en Mieke & Mike 8ste.

Hierdie was die laaste jaaroudwedvlug van die seisoen en RWJ & Mike Coetzee het die jaaroudkampioenskap gewen met ‘n totaal van 1,059 punte. Mieke & Mike was tweede met 1,050 punte en Gerhardt derde met 986 punte.

Eerskomende naweek neem die klubs deel aan twee opewedvlugte vanaf Bloemfontein oor ‘n afstand van 670 km.

 

 
 
 

Viewed: 1997

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT