ADVERTISEMENT:

 

 
 

Gemeriese foto.

Krieketaksie duur voort in plaaslike T10-liga

Date: 05 October 2023 By: Andries van Zyl

Louis Trichardt se krieketmanne het mekaar weer die stryd aangesê in die volgende ronde T10-wedstryde, met drie wedstryde wat Sondag, 1 Oktober, op die Louis Trichardt Ovaal beslis is.

Killers vs Strikers

In die eerste wedstryd Sondag het die Soutpansberg Killers teen die Strikers te staan gekom, met eersgenoemde wat ingegaan het om eerste te kolf. Hulle het 117 lopies vir die verlies van vyf paaltjies (117/5) aangeteken, met dubbelsyferbydraes met die kolf deur Dewald Joubert (13), Zander Volgraaff (24), Lukas Visser (43) en Ruan van Tonder (28 nie uit nie). Vir die Killers kon Paulo Piorek twee paaltjies neem vir die verlies van 19 lopies in sy twee beurte (2/18/2), terwyl FC Phillipson 2/25/2 geneem het.

Strikers se kolwers het dapper geveg, maar is goed vasgehou deur die Killers se boulers, wat hulle opponente beperk het tot slegs 68/2 in Strikers se kolfbeurt, met dubbelsyferbydraes met die kolf deur slegs Louis van Jaarsveld (47) en Paulo Piorek (15). Dit het aan die Killers ‘n 49-lopie oorwinning besorg.

RCI vs Premjee

In Sondag se tweede wedstryd het Premjee teen RCI kragte gemeet. Premjee het eerste ingegaan om te kolf en 109/3 aangeteken in hulle 10 beurte, danksy dubbelsyferbydraes deur kolwers Yasur Patel (27), Sarfraz Patel (27) en Parvesh Patel (16), Safwan Kaba (12 nie uit nie) en Faizan Patel (19 nie uit nie). Vir RCI het bouler Mehul Patel 2/13/2 geneem, terwyl Viral Patel een paaltjie laat kantel het.

Wat RCI se kolfbeurt betref, was Sondag maar net nie die kolwers se dag nie en die span is in 8.5 beurte uitgeboul met die telling op 83/10, wat aan Premjee ‘n 26-lopie oorwinning besorg het. Slegs Nimesh Watekar (18), Saad Zubeir (30) en Jabir Abuji (14) kon meer as 10 lopies in hulle kolfbeurt aanteken. Vir Premjee het Faizan Patel geskitter met die bal en 3/16/2 geneem. Sarfraz Patel het 2/8/1, Tosif Kaba 2/19/2 en Uzman Patel 2/19/1.5 geneem.

Killers vs Junedi

In Sondag se laaste wedstryd van die dag het die Killers te staan gekom teen Junedi, met die Killers wat eerste gekolf het. Die Killers se eerste drie kolwers kon almal dubbelsyfers aanteken, naamlik Dewald Joubert (13), Zander Volgraaff (18) en AC Geldenhuys (33 nie uit nie), maar met die boul van die laaste bal van die beurt het die Killers se telling maar op 74/2 gestaan. Vir Junedi het Iqram Kamboli en Irfan Junedi elk een paaltjie gevat.

Junedi se kolwers het korte mette gemaak met die teiken en die wenlopies van 76/3 in slegs 6.2 beurte geslaan, wat aan hulle ‘n sewe-paaltjie oorwinning besorg het. Wat dit betref het Imran Bhatia as openingskolwer 24 (nie uit nie) lopies aangeteken, met dubbelsyferbydraes met die kolf ook deur Asif Kadu (23) en Irfan Junedi (16 nie uit nie). Vir die Killers het bouler Ruan van Tonder 2/20/2 en AC Geldenhuys 1/15/2 geneem. (Teen druktyd was die uitslag van Saterdag se wedstryde nie beskikbaar nie).

 

 
 
 

Viewed: 1871

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT