ADVERTISEMENT:

 

 

Search for a story:

 
 

Generiese foto.

Twee eerste plekke vir Mieke & Mike vanaf Bloemhof

Date: 08 August 2024 By: Andries van Zyl

Lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het die afgelope naweek teen mekaar te staan gekom in twee opewedvlugte vanaf Bloemhof oor ‘n afstand van 670 km. Die duiwe het Saterdag in ysige koue weggespring, maar soos die duiwe noord gevlieg het, het die weer warmer geword.

In die 10A-opewedvlug is 54 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste twintig posisies word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur Mieke & Mike Coetzee (Hlp) nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n gemiddelde spoed van 1,141.96 meter per minuut. Hulle was ook 14de en 20ste. RWJ & Mike Coetzee (Hlp) was 2de, 4de en 7de, Pienaar Hokke (Hlp) 3de, 6de, 11de, 15de, 16de, 18de en 19de, Bezuidenhout Hokke (Hlp) 5de en 13de, Marx Hokke (Spb) 8ste, 9de, 12de en 17de en Seun van Rensburg (Letaba) 10de.

In die 10B-opewedvlug is 53 duiwe losgelaat. Mieke & Mike Coetzee stap ook in dié wedvlug met die louere weg, nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n gemiddelde spoed van 1,141.02 meter per minuut. Hulle was ook 2de en 4de. Pienaar Hokke was 3de, 10de, 11de en 20ste, Marx Hokke 5de, 8ste, 9de, 14de, 15de, 16de en 18de, Seun van Rensburg 6de en 12de, Bezuidenhout Hokke 7de en 13de en RWJ & Mike Coetzee 17de en 19de.

Ná afloop van die naweek se wedvlugte loop Mieke & Mike voor op die provinsiale punteleer in die Noordstreek se opekampioenskap met 1,175 punte. Bezuidenhout Hokke is tweede met 1,160 punte en RWJ & Mike derde met 1,133 punte. Die drie hou ook dieselfde posisies in die middelpad-kampioenskappe, met onderskeidelik 779 punte, 775 punte en 771 punte. Wat die streekkampioenskappe betref, is Mieke & Mike ook voor met 2,042 punte, maar met RWJ & Mike tweede met 2.021 punte en Bezuidenhout Hokke derde met 1,986 punte.

Eerskomende naweek vlieg die klubs se duiwe weer vanaf Wolmaransstad oor ‘n afstand van sowat 610 km.

 

 
 
 

Viewed: 1158

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

Most Read Articles

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

ADVERTISEMENT