ADVERTISEMENT:

 

 

Search for a story:

 
 

Generiese foto.

Hoë temperature maak pad huis toe moeilik vir duiwe

Date: 22 August 2024 By: Andries van Zyl

Hoë dagtemperature oor die Noordwes- en Limpopo Provinsie, asook ’n redelike noordewind wat gewaai het, het veroorsaak dat lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe eers Sondagoggend by hulle huise ingeklok het in twee opewedvlugte vanaf Warrenton oor sowat 760 km.

In die 12A-opewedvlug word 44 duiwe losgelaat, maar vir die doel van hierdie berig word slegs die eerste 20 posisies genoem. Die wedvlug word gewen deur Mieke & Mike Coetzee (Hlp), nadat hulle wenduif die afstand voltooi met 'n gemiddelde spoed van 1,044.34 meter per minuut. Hulle was ook 5de. RWJ & Mike Coetzee (Hlp) was 2de en 12de, Seun van Rensburg (Letaba) 3de en 11de, Pienaar Hokke (Hlp) 4de, 7de en 9de, Bezuidenhout Hokke (Hlp) 6de, 13de, 16de, 17de, 18de en 20ste, Louis Gossmann (Spb) 8ste en Marx Hokke (Spb) 10de, 14de, 15de en 19de.

In die 12B-opewedvlug word 39 duiwe losgelaat. Hier is dit RWJ & Mike Coetzee wat met die louere wegstap, nadat hulle wenduif die afstand voltooi met 'n gemiddelde spoed van 1,023.39 meter per minuut. Bezuidenhout Hokke was 2de, 5de, 7de, 8de, 10de, 13de, 15de, 16de en 18de, Marx Hokke 3de, 6de, 12de en 14de, Pienaar Hokke 4de, 9de, 11de en 19de en Mieke & Mike Coetzee 17de en 20ste.

Die komende naweek vlieg die duiwe oor ’n korter afstand van 670 km vanaf Bloemhof. Die Bloemhof wedvlug is die tweede laaste middelpad, asook jaaroudwedvlug, vir hierdie jaar.

 

 
 
 

Viewed: 1025

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

Most Read Articles

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

ADVERTISEMENT