ADVERTISEMENT:

 

Huis brand, maar geen brandweer

Date: 05 November 2015 By: Isabel Venter

Viewed: 10446

 

Wat vat mens as jou huis in ligte laaie staan en die brandweer daag nie op nie?
Jy red jou kinders en diere want “hulle is die heel belangrikste,” sê mev. Corrie van der Horst.

Die Van der Horsts se huis, sowat 20 km buite Louis Trichardt op die Madombidza-pad, is op 26 Oktober gedeeltelik in puin gelê ná ‘n verwoestende brand. Die hele voorste deel van die Van der Horsts se huis het afgebrand. “Hier is baie skade,” het Corrie gesê. Die inhoud van die kombuis, eet- en sitkamer het uitgebrand, en die res van die huis is toe onder die roet.

Wat die Van der Horst-familie egter warm onder die kraag het, is dat hulle teen die einde van laasweek nog steeds gewag het vir hulp van die brandweer.

“Vir ons het hulle gesê hulle het nie ‘n voertuig nie,” het ‘n ontstelde Dalene gesê. “En dit was nadat ons hulle aanhoudend probeer bel het en gesukkel het om hulle in die hande te kry,” het sy gesê.  Hulp het genadiglik egter van die bure en gemeenskap van Madombidza gekom voor dit te laat was en hulle alles verloor het, het Corrie bygevoeg.

 

Die Makhado Brandweerstasie het by navraag gesê dat hulle was bewus van die voorval, maar dat hulle enigste brandweerwa stukkend staan vanaf September.

Volledige storie sal more beskikbaar wees.

 
 

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

More videos...

ADVERTISEMENT