ADVERTISEMENT:

 

Transparant vaar goed by toneelfees

Date: 29 August 2016 By: Isabel Venter

Viewed: 23726

 

Hoërskool Louis Trichardt se toneelgroep het goeie repliek ontvang tydens die ATKV-tienertoneel se streekfees.  

Hulle stuk – Transparant – uit die skrywerspen van Marcel van Niekerk het die sensitiewe onderwerp van geweld in die sosiale media aangeraak.

Fanie (rol vertolk deur Xander Venter) verwerk meer as net sy pa se dood - ‘n seer wat moeiliker is om ses voet onder die grond te begrawe. Een wat die kinders by die skool kort-kort oopkrap. Miskien is dit tyd om inspirasie te vind in die trane van die mense van New York, Nigerië en Parys weens die terreuraanvalle daar. Die gehoor word deur beweging, visuele beelde en Fanie se lewenstryd gekonfronteer met die vraag “Watter bydrae het jy tot iemand anders se haat gemaak?”
Tussendeur probeer Lea (vertolk deur Danika Malan) vir Fanie opbeur en in die bresse tree by die skool.

Marcel en sy groep Triegie-akteurs het nou wel nie deurgedring na die finaal nie, maar het steeds heelwat sertifikate ingeoes. Triegies was een van net vyf skole, uit die 20 wat deelgeneem het aan die streeksfinaal in Sasolburg, wat daarin kon slaag om goue sertifikate te ontvang.
In totaal ontvang die stuk vier goue sertifikate vir klankbaan, beligtingsontwerp, spesiale effekte en al die tegniese aspekte. Vir hul produksiewerk, stelontwerp, geografie, en ensemble werk ontvang die groep silwer medaljes.

Die hoofakteurs van die stuk, Wynand Mouton, Danika Malan en Xander Venter, het al drie brons sertifikate ontvang vir hul toneelspel.

Verder raap die groep nog vier brons sertifikate op vir klankoperateur (Annelize Pauer), verhoogbestuurder, regisseur en kostuum (almal Marcel van Niekerk).
 

[Video redigering: Dallien Viljoen]

 
 

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

More videos...

ADVERTISEMENT