ADVERTISEMENT:

 
     

OSBRAAI SAAM MET OPPIESTOEP

 

From: 16 June 2018 at 17:00 PM

Until: 16 June 2018 at 23:00 PM

Location: Louis Trichardt


Details:

Die dorp se inwoners kan hulleself regmaak vir ‘n aand van pret en plesier op 16 Junie, wanneer die manne van Oppiestoep, Kyknet se gewilde kuier- en storievertelprogram, luister en opwinding gaan verleen aan die Hervormde Kerk Soutpansberg Broodboomvereniging se osbraai.

Ingesluit by die toegangsprys van R150 per persoon is ‘n heerlike ete. Verder is daar ook ‘n kontantkroeg beskikbaar en lekkernye te koop vir die kinders. Dié joligheid vind plaas by die Rondebosch Lapa, met die ingang op die Elimpad na die CVO skool.

Die hekke open reeds om 16:00 en inwoners kan gerus lekker kom saamkuier en die rugbytoets tussen die Springbokke en Engeland om 17:00 op die grootskerm TV in die biertent kyk.

Kaartjies is beskikbaar by Da Silva Apteek, Weldon’s Apteek, Safety First en Van der Merwe Saagmeule.

Besighede of persone wat graag ‘n spesiale tafel vir 13 persone naby aan die verhoog wil boek, kan dit doen teen R2500 per tafel. Dié bespreking sluit twee bottels wyn in. Vir meer besonderhede, skakel John by 082 556 2623 of Alida by 083 227 3681.


Contact Person: Johan

Tel: 082 556 2623

Email:

 

Upcoming Events

Kookkos en pannekoek te koop
Where: Laat Lente en Herfsakker Start: 28 Mar  (10:00 AM) End: 28 Mar  (14:00 PM)
Vetkoekverkoping
Where: Boababstraat 57 Start: 05 Apr  (11:30 AM)
Conway Rugbydag
Where: Louis Trichardt Rugbyklub Start: 06 Apr  (08:00 AM)
SPCA Craft & Farmers’ Market
Where: Spca Louis Trichardt Start: 06 Apr  (09:00 AM) End: 06 Apr  (14:00 PM)
Sing-saam aand
Where: Zoutpansberg CVO Start: 12 Apr  (18:00 PM)
Munnik Meerkat
Start: 20 Apr