ADVERTISEMENT:

 
     

TEKKIE TAX 2018

 

From: 25 May 2018 at 00:00 AM

Until: 25 May 2018 at 23:00 PM

Location: Louis Trichardt


Details:

Dit is weer tyd dat mense hulle hoë hakke, skoolskoene of stewels kan verruil vir ‘n gemaklike paar tekkies – en dit nog vir ‘n goeie doel.

Tekkie Tax Dag is weer om die draai en sal vanjaar op 25 Mei plaasvind. “Die SAVF in Louis Trichardt verkoop vanjaar Tekkie Tax plakkers. Ek wil graag vra dat die publiek ons sal ondersteun. Plakkers kos R10 elk,” sê mnr. Dirk Meissenheimer.

Alle skole, kerke, besighede en organisasies word ook versoek om die projek te ondersteun. Die R10 wat jy vir jou plakker betaal is die “tax” wat jy betaal om op die dag jou tekkies werk toe aan te trek.

Elf nasionale welsynsorganisasies sal by vanjaar se projek baat. Dit sluit in Epilepsie SA, Kindersorg SA, SOS Children’s Villages, CHOC (Childhood Cancer Foundation), Special Olympics SA, Imisebeyelanga Services, Cansa, Meals on Wheels, VVA, NG Welsyn en die SAVF.

Vir meer inligting of om plakker te koop, skakel Dirk by tel. 082 789 3927.


Contact Person: Dirk Meissenheimer

Tel: 082 789 3927.

Email:

 

Upcoming Events

Kookkos en pannekoek te koop
Where: Laat Lente en Herfsakker Start: 28 Mar  (10:00 AM) End: 28 Mar  (14:00 PM)
Vetkoekverkoping
Where: Boababstraat 57 Start: 05 Apr  (11:30 AM)
Conway Rugbydag
Where: Louis Trichardt Rugbyklub Start: 06 Apr  (08:00 AM)
SPCA Craft & Farmers’ Market
Where: Spca Louis Trichardt Start: 06 Apr  (09:00 AM) End: 06 Apr  (14:00 PM)
Sing-saam aand
Where: Zoutpansberg CVO Start: 12 Apr  (18:00 PM)
Munnik Meerkat
Start: 20 Apr