ADVERTISEMENT:

 
     

.303 SKIETKOMPETISIE

 

From: 11 August 2018 at 00:00 AM

Until: 11 August 2018 at 00:00 AM

Location: Louis Trichardt


Details:

Die Soutpansberg Skietklub sal op Saterdag, 11 Augustus, hul jaarlikse .303-skietkompetisie aanbied op die ou kommandoskietbaan buite Louis Trichardt.

Die kompetisie begin om 08:00 en duur tot 15:30. Daar sal drie klasse wees, naamlik jaggeweer, .303 optiese visier en .303 ystervisier. Inskrywing kos R50 per skut en skuts kan in meer as een klas deelneem. Skuts sal 36 rondtes nodig hê en daar sal oor afstande van 100m, 200m en 300m geskiet word. Daar sal medaljes wees vir die junior seuns en meisies, asook senior mans en vroue. Enige persoon met ‘n senterslag geweer, nie net ‘n .303 nie, mag deelneem.

Verversings sal deurlopend verkoop word, waarna die dag se verrigtinge afgesluit sal word met ‘n gesellige bring-en-braai. Pap en sous sal voorsien word.

“Ons nooi alle skuts uit om te kom deelneem. Die klub is van die min wat nog .303-kompetisies aanbied,” het die klub gesê.

Vir meer inligting, skakel Ampie by tel. 082 742 0168.


Contact Person: Ampie du Toit

Tel: 082 742 0168

Email:

 

Upcoming Events

Kookkos en pannekoek te koop
Where: Laat Lente en Herfsakker Start: 28 Mar  (10:00 AM) End: 28 Mar  (14:00 PM)
Vetkoekverkoping
Where: Boababstraat 57 Start: 05 Apr  (11:30 AM)
Conway Rugbydag
Where: Louis Trichardt Rugbyklub Start: 06 Apr  (08:00 AM)
SPCA Craft & Farmers’ Market
Where: Spca Louis Trichardt Start: 06 Apr  (09:00 AM) End: 06 Apr  (14:00 PM)
Sing-saam aand
Where: Zoutpansberg CVO Start: 12 Apr  (18:00 PM)
Munnik Meerkat
Start: 20 Apr